Sondag 22 Mei 2022 – Die aand terwyl ek voor die spieёl staan en room aan my gesig smeer, sê ek die volgende woorde: Dit is nie meer lank nie. Dan gaan ons huistoe. Ek het dit vir my man vertel en vir hom gesê, dat die huistoe ons hemelse huis is en die Here se koms is naby. Die volgende oggend 23 Mei 2022 terwyl ek bybelstudie doen, lees ek die volgende in Jakobus 5:8 – Julle moet ook geduldig wag en moed hou, want dit is nie meer lank nie, dan kom die Here. Ek het dadelik geweet, dat dit ‘n bevestiging is. Ek is besig om deur die Nuwe Testament se boeke te lees en was besig met die boek Jakobus. En vir Maandag moes ek Jakobus 5 lees. Die Here het Woensdag die 25ste Mei 2022 vir my die volgende gesê: “Waarop fokus jy My kind, fokus op My. Die tyd raak min. My koms is naby en Ek staan by die deur. Soek My aangesig terwyl dit nog te vinde is. Moenie jou fokus plaas op die wêreld se gebeure nie. Alles gebeur soos dit moet.” “Die wat wakker is, kan die tekens van die… Lees verder“Die koms van die Here is naby”
Droom: Bome en geboue wat brand
Augustus 30, 2016 In die oggendure droom ek, ek is in ‘n huis of ‘n gebou. Ek het nie die plek geken nie. Dit was donker binne in die plek. Die gordyne was toegetrek. Toe die volgende oomblik hoor ek ‘n verskriklike harde geluid, dit het soos ‘n ontploffing geklink. Ek was nie bang nie, en dit het gevoel of dit my nie raak nie. Ek het die gordyn weg getrek, en toe sien ek hoe bome en geboue brand. Dit was baie erg. Die bome was baie lang dun bome en bo was dit vol takke. Die geboue was oud gewees. Dit het gelyk soos die geboue wat in Jerusalem, Israel is. Ek het gaan kyk of ek die bome kan kry wat ek gesien het. Toe het ek op die Palm boom afgekom wat in Israel groei. Dit was asof die Here my ‘n kykie gegee het, oor ‘n oorlog of ontploffing wat in die toekoms gaan begin. En dit wil amper voorkom of die ontploffing dalk versoorsaak was deur ‘n atoombom of dit kan missiele gewees het. Want die ontploffing was nie ‘n gewone ontploffing nie. Die tyd raak min en soos baie mense weet, is daar… Lees verder“Droom: Bome en geboue wat brand”
Aan die Kruis
Ons is skoon gewas, deur U kosbare bloed Here Jesus. Hoe kan ons ooit U vergoed? Ons loof en prys U Here Almagtig. Ons is U kinders en ons buig in aanbidding voor U. By die voete van die kruis, bring ons, ons smeek gebede. Die oorwinning is behaal, U het ons vry gemaak. Ons is skoon gewas soos sneeu. U bloed het gevloei, Ons sondes is verwyder. Ons is vrygekoop. Laat ons dan ons vryheid vier , deurdat ons elke dag ons lig helder sal skyn. Sodat ander mense U in ons sal sien en U ook in hulle lewe begeer. Groete en seёnwense in Christus
MY GETUIENIS: DIE HERE GENEES NOG VANDAG
Ek het besluit om my getuienis met julle te deel, oor die Here se genesing in my lewe. Omtrent 10 jaar gelede, is ek met hoё bloeddruk gediagnoseer. Ek het medikasie daarvoor gekry om te drink. Maar die bloeddruk het toe alreeds skade aan my hart veroorsaak. My linkerkantste hartkamer was vergroot, omdat my bloeddruk vir te lank baie hoog was. Ek het ‘n kardioloog gaan sien en het ook ‘n hart pil gekry om te drink. Ek was baie moeg met tye, deurdat my hart harder moes werk om bloed na die hartkamers toe te vervoer. Ek kon ook fisies drukking op my borskas ervaar. Deur die jare het ek gewoond geraak om die pille te drink vir die hoё bloeddruk en vir my hart. In 2014 het die Here vir my gesê, dat Hy my gesond gaan maak. Stuk vir stuk gaan Hy my gesond maak. Ek het al die jare vas gehou aan die Here se belofte en aanhou glo en vertrou dat die Here my gaan genees. Omtrent so 3 jaar gelede op ‘n warm somersdag het ek in my studeerkamer gesit. Ewe skielik het ek verskriklik begin sweet en het begin sleg voel. Ek het… Lees verder“MY GETUIENIS: DIE HERE GENEES NOG VANDAG”
Gedig: Ons Redder
Ons roep na U O Heer, terwyl die donker ons van alle kante omvou. Laat U lig skyn O Heer, U is ons redder en Heer, U Regeer. Laat die bose verdelg word, in die donker dieptes van die hel. Ons wil U grootheid en liefde aan ander vertel. Ons wil lofgesange sing O Heer, U het ons verlos. Laat ons heilig lewe, en die sonde ons nie begewe. U lig ons uit die donkerte, en laat ons sit by U voete. Vul ons met U Heilige Gees O Heer. Met alles wat in ons is, wil ons U prys O Heer.