Augustus 30, 2016 In die oggendure droom ek, ek is in ‘n huis of ‘n gebou. Ek het nie die plek geken nie. Dit was donker binne in die plek. Die gordyne was toegetrek. Toe die volgende oomblik hoor ek ‘n verskriklike harde geluid, dit het soos ‘n ontploffing geklink. Ek was nie bang nie, en dit het gevoel of dit my nie raak nie. Ek het die gordyn weg getrek, en toe sien ek hoe bome en geboue brand. Dit was baie erg. Die bome was baie lang dun bome en bo was dit vol takke. Die geboue was oud gewees. Dit het gelyk soos die geboue wat in Jerusalem, Israel is. Ek het gaan kyk of ek die bome kan kry wat ek gesien het. Toe het ek op die Palm boom afgekom wat in Israel groei. Dit was asof die Here my ‘n kykie gegee het, oor ‘n oorlog of ontploffing wat in die toekoms gaan begin. En dit wil amper voorkom of die ontploffing dalk versoorsaak was deur ‘n atoombom of dit kan missiele gewees het. Want die ontploffing was nie ‘n gewone ontploffing nie. Die tyd raak min en soos baie mense weet, is daar… Lees verder“Droom: Bome en geboue wat brand”
Kategorie: Droom
Joernaal 17 Januarie 2015 – Waarskuwing: Die Oordeel van die Here
Gedurende die oggendure van die 17de Januarie 2015 droom ek die volgende: Ek kon myself sien staan en dan was dit asof mense deur weerligstrale getref word. Dan val hulle plat op die grond. Ek was nie seker of hulle dood was of gelewe het nie. Ek het niks oorgekom nie. Toe sê die Here: “My Septer word binnekort geslaan op die aarde. My oordeel gaan plaasvind binnekort, binnekort. Die Ramshoring blaas. Hoor jy dit, My kind? Dit is ’n waarskuwing.” Die laaste wat ek kon onthou is dat die Here gesê het: “Die amandelboom bot, dit is die teken van My Oordeel.” Openbaring 2:27 …en hy sal hulle regeer met ’n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het. Openbaring 4:5 En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand; Openbaring 11:19 En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael. Die weerligstrale en die gedreun van die donderslae wat vanaf… Lees verder“Joernaal 17 Januarie 2015 – Waarskuwing: Die Oordeel van die Here”
Joernaal: 15 Januarie 2015
In die oggend-ure droom ek die volgende: Ek droom van ’n klein dorpie waar die mense baie vriendelik is. Hulle verstaan Engels. Mans en vrouens het lang rokke aan. Hulle gelaat is nie baie donker nie – meer soos die Jode. Die pa’s en kinders hou donkie-resies. Dan vra hulle vir my om my oë toe te maak en gee vir my verskillende gras en plante aan. Ek moet die gras en plante voel. As ek vir hulle beskryf hoe dit voel, lag hulle as iets snaaks klink. Dit was asof ek al vir ’n rukkie in die dorpie was en mense het my vertrou. Dit wou voorkom of hulle die gras en plante gebruik om mee handel te dryf. Die vrouens het ook verby-geloop met water in kruike. Die enigste plantnaam wat ek kon onthou is Wilde-als. Dan sien ek myself op ’n verhoog staan en daar is nie baie mense nie. Ek praat met die mense oor die Here en ’n klomp luister na my. Sommige van die mense kom vorentoe en kniel en hulle ontvang die Heilige Gees. Daar is ’n hele aantal mense wat vorentoe kom en genees word. Dan skreeu een vrou: “I can see!” Die Here… Lees verder“Joernaal: 15 Januarie 2015”
Joernaal 8 Januarie 2015 : Droom: Feesmaal saam met Jesus
Omtrent 2 uur in die oggend het ek die volgende gedroom: Ek, Johan my man en my vriendin Leonie is by ‘n feesmaal saam met Jesus. Daar is baie tafels met wit tafeldoeke op. Daar is ook goue kandelare op die tafels. Die atmosfeer is vrolik, gelukkig en daar heers totale vrede. Jesus loop voor die tafels geklee in wit. Hy bedien elkeen individueel. Jesus sit iets wat soos ’n byekorf lyk voor my en dan ewe skielik verander dit in kos. Genoeg kos wat ek kan eet en baie kleurryk met vrugte, ensovoorts. Dit is asof ’n wonderwerk sopas plaasgevind het wanneer Jesus die byekorf neem en dit in kos verander. Dan gee Jesus vir Johan, my man, die byekorf, maar voordat Jesus dit in kos verander stop my droom en ek word wakker. Dit was ’n wonderlike ervaring wat ek nie kan beskryf nie. Wat ’n avontuur. Prys die Here!!! Die goue kandelare het my laat dink aan duursaamheid, die heerlikheid van God wat oor ons skyn. Die goue kandelare het my ook laat dink aan die goue strate van die Hemel. Die wit tafeldoeke beteken vir my reinheid. Blessed are those who are invited to the marriage supper of… Lees verder“Joernaal 8 Januarie 2015 : Droom: Feesmaal saam met Jesus”
