Die middag van die 12de Januarie 2015 sien ek die volgende visioen: Ek sit by Jesus se voete. Dan steek Jesus Sy hand uit en ek vat Sy hand. Dan staan ek op en ons begin te stap. Toe sê Jesus vir my: “Kom, My kind, ek wil jou nog iets gaan wys.” Ons loop en ewe skielik gaan deure voor my oop. ’n Baie helder lig skyn. Die Here sê toe vir my: “My Vader is tevrede met jou, My kind.” Toe staan ek weer voor die troon van God. Dan begin die engele sing: “Heilig, Heilig, Heilig, God Almagtig.” Die Here sê vir my: “My kind Ek gaan die laaste goed van jou af wegvat, Ek moet jou skaaf.” Dan sien ek goue kandelare aan weerskante van die Troon van God terwyl ek daar staan. Ek kon God glad nie sien nie. Maar die Here se teenwoordigheid kon ek aanvoel en ek het liefde en vrede ervaar wat alle verstand te bowe gaan. Jesus draai toe na my en vat aan my wang. Jesus sê toe vir my: “Jou trane droog Ek af. Van nou af sal jy vrede en geluk ervaar soos nog nooit van tevore. Drink My Goedheid… Lees verder“Joernaal 12 Januarie 2015 : Visioen: Saam met die Here Jesus”
Maand: September 2017
Joernaal: 11 Januarie 2015
In die middag toe ek gaan bid sê die Here vir my: “Hou vas aan My Woord. Drink My Woord. Die Lig gaan binnekort skyn. Die donker gaan verdwyn. Jou drome gaan waar word. “Daar is nie meer baie tyd nie, My kind. Ek het jou as My dienaar nodig. Dit is die laaste dae. Jy gaan ’n groot rol speel. Raak rustig, My kind. Ek sal jou heeltemal verander, sodat jy jou doel kan uitvoer. Weet Ek is met jou. Ek gaan jou krag gee as jy swak is. Jy is My kind. Ek is lief vir jou. Rus nou want baie werk lê voor.” ‘n Geseende dag vir julle
Joernaal 8 Januarie 2015 : Droom: Feesmaal saam met Jesus
Omtrent 2 uur in die oggend het ek die volgende gedroom: Ek, Johan my man en my vriendin Leonie is by ‘n feesmaal saam met Jesus. Daar is baie tafels met wit tafeldoeke op. Daar is ook goue kandelare op die tafels. Die atmosfeer is vrolik, gelukkig en daar heers totale vrede. Jesus loop voor die tafels geklee in wit. Hy bedien elkeen individueel. Jesus sit iets wat soos ’n byekorf lyk voor my en dan ewe skielik verander dit in kos. Genoeg kos wat ek kan eet en baie kleurryk met vrugte, ensovoorts. Dit is asof ’n wonderwerk sopas plaasgevind het wanneer Jesus die byekorf neem en dit in kos verander. Dan gee Jesus vir Johan, my man, die byekorf, maar voordat Jesus dit in kos verander stop my droom en ek word wakker. Dit was ’n wonderlike ervaring wat ek nie kan beskryf nie. Wat ’n avontuur. Prys die Here!!! Die goue kandelare het my laat dink aan duursaamheid, die heerlikheid van God wat oor ons skyn. Die goue kandelare het my ook laat dink aan die goue strate van die Hemel. Die wit tafeldoeke beteken vir my reinheid. Blessed are those who are invited to the marriage supper of… Lees verder“Joernaal 8 Januarie 2015 : Droom: Feesmaal saam met Jesus”
Joernaal 7 Januarie 2015
Gedurende my gebeds tyd sien ek die volgende visioen: Ek sien waar ek weer in die kerkie is en voor staan en die mense kniel voor my. Dan sien hoe ek praat met die mense en dan sê ek: “Ontvang die Heilige Gees.” Toe sê die Here vir my: “Dit is nie meer lank nie. Verharde harte moet sag word. Die Ramshoring gaan blaas. Baie is nog nie gereed nie. Maak My mense bymekaar My uitverkorene. Ek sal jou die krag en die leiding gee om dit te doen. Vertrou My net. Maar vir nou, rus, My kind.” ‘n Geseende naweek vir julle
Joernaal: 4 Januarie 2015
Die middag terwyl ek bid sê die Here vir my: “Moenie jou kop so deurmekaar maak nie, My kind. Ontspan. Ek sal jou lei. Saam gaan ons die pad vorentoe stap. Ek is met jou, My kind. Jy is dalk verward. Maar weet dit. Binnekort sal alles geopenbaar word. “Rus sag, My kind. Daar lê nog baie werk voor. Jy het die rus nodig. Jy moet kragte opbou. Binnekort is jy ’n werkende mens vir My. Jy gaan My werke hier op aarde doen. Jou drome gaan waar word. Jou droom waar ek met jou gepraat het 16 jaar terug sal waar word. Jy is My uitverkorene. Ek het jou nodig. Die waarheid moet uit. Daar is orals hulp krete. Verlorenes moet bymekaar gemaak word. Sela. Maar vir nou, My kind rus in My Vrede.” Toe onthou ek 16 jaar terug het die Here ook vir my gesê: “Maak mense bymekaar. Die einde is naby.” Toe sê die Here vir my: “Verlorenes moet bymekaar gemaak word.” Dit voel en klink of dinge nou baie vinnig aan die gebeur is en of tyd nie meer baie is nie. Ek het hierdie gevoel gekry daar is nog baie werk om te doen en die… Lees verder“Joernaal: 4 Januarie 2015”
