Blou lug helder in my gesig, wolke sweef soos spookasem in die lug. So gaan die tyd en lewe ook verby. Wens die dag was langer, om dit en volle te kan geniet. Wat dit ook als mag bied. Die son gaan binnekort sak en plek maak vir die nag. Die maan verlig die hemelruim, en orals verskyn daar klein sterretjies wat helder skyn. Maar ons kan bly wees vir nog ‘n dag wat ons beleef het, uit God se Goedheid en Krag. © Anet Basson
Maand: Junie 2016
Blom waar jy geplant is
Maak nie saak waar jy vandag jou self bevind nie. Die Here het jou met ‘n doel en rede daar geplaas. Jy verstaan nie altyd wat die doel en rede daarvoor is nie. Maar as jy meer tyd saam met die Here spandeer, sal jy begin verstaan wat die rede of doel is. Jy is dalk in ‘n werk waar jy nie gelukkig is nie. Jy wonder party keer; Is dit nog die moeite werd is om hier te bly? In die oggend as jy op staan, sug jy al klaar as jy net dink wat alles by die werk op jou wag. Jy is dalk ‘n nog op skool en jy wens jou matriek jaar wil nou aanbreek. Jy raak frustreerd met die baie skoolwerk, en al die ander aktiwiteite wat jy moet bywoon. Dalk is jy ‘n tuisteskepper, wat omsien na die huishouding. En jy wonder; Is daar nie meer in die lewe nie? Jou roetine elke dag is dalk dieselfde, en dit kan jou moedeloos laat voel. Ek het net ‘n paar voorbeelde genoem, daar is nog baie ander voorbeelde. Dalk val jy in een van die bogenoemde kategorieë. Maar vandag wil ek vir jou sê; maak… Lees verder“Blom waar jy geplant is”
Profetiese woord vir Junie 2016
Die gety gaan draai en ‘n golf van heerlikheid gaan jou oorstroom. Definisie van ‘n gety: Getye is die opkoms en val van seevlakke wat veroorsaak word, deur die gekombineerde effek van die gravitasiekragte wat uitgeoefen word deur die maan en die son en die rotasie van die Aarde. – Wikipedia, the free encyclopedia Luister My kind, hierdie maand van Junie gaan daar baie veranderinge plaasvind. Jy moet fyn luister vir My stem en jou fokus hou op My. Ek sal jou laat uitstyg en oprig. Jou opkoms sal My Naam verheerlik oral waar jy gaan. Die krag, moed en uithouvermoë kom van My, My kind. Jy het dit nodig terwyl jy opstyg bo die normale wêreldse lewe. Wanneer jy gaan val My kind, sal Ek daar wees vir jou. Maar dit gaan anders wees as vroeër. Jy gaan ‘n innerlike vrede ervaar en net so vinnig soos jy val, sal jy net so vinnig weer opstaan. Daar is twee magte My kind: Die lig en die duisternis. Die twee magte baklei vir jou aandag My kind. Die stryd gaan feller word, maar jy gaan oorwin. Satan en sy trawante sal die hase pad vat. Want satan sal weet jy… Lees verder“Profetiese woord vir Junie 2016”
