Aan die Kruis

Ons is skoon gewas,

deur U kosbare bloed Here Jesus. 

Hoe kan ons ooit U vergoed?

Ons loof en prys U Here Almagtig.

Ons is U kinders en ons buig 

in aanbidding voor U.

By die voete van die kruis, 

bring ons, ons smeek gebede.

Die oorwinning is behaal, 

U het ons vry gemaak.

Ons is skoon gewas soos sneeu.

U bloed het gevloei, 

Ons sondes is verwyder.

Ons is vrygekoop.

Laat ons dan ons vryheid vier ,

deurdat ons elke dag ons lig helder sal skyn.

Sodat ander mense U in ons sal sien

en U ook in hulle lewe begeer.

Groete en seёnwense in Christus

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui