Gedig: Ons Redder

Ons roep na U O Heer, terwyl die donker ons van alle kante omvou. Laat U lig skyn O Heer, U is ons redder en Heer, U Regeer. Laat die bose verdelg word, in die donker dieptes van die hel. Ons wil U grootheid en liefde aan ander vertel. Ons wil lofgesange sing O Heer, U het ons verlos. Laat ons heilig lewe, en die sonde ons nie begewe. U lig ons uit die donkerte, en laat ons sit by U voete. Vul ons met U Heilige Gees O Heer. Met alles wat in ons is, wil ons U prys O Heer.

Gedig: Hoop

Die lewe loop donker draaie, wat ons nie kan verstaan. Teneurgedruk kyk jy na die dag van môre, maar hoop neem weg die sorge.   Opgewonde oor jou nuwe loopbaan, die toekoms wink en is wawyd oop. Ewige trou wat ‘n paartjie beloof, ‘n reis wat op en af gaan loop.   Maar hoop beskaam nie. Al verskil ons almal se verhaal, hoop skyn deur. Hoop is die somtotaal.

VREUGDE NET IN U HERE (Profetiese Gedig)

Psalm 37:4 ~ Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Vreugde in U Here, Vreugde in U. My hart sing van blydskap van goeie tyding. Sorge, bekommernis verdwyn soos mis voor die son. Wanneer ek U aanroep, en U my met U goedheid vul. Sing ‘n nuwe lied, laat dit weerklink. Tot Eer van God, verheerlik Hom. Hy sorg vir jou, in Sy arms word jy toegevou. Hy weet wat jy benodig, en op Sy tyd sal Hy voorsien. @ Anet Basson