Die koms van die Here is naby

Sondag 22 Mei 2022 – Die aand terwyl ek voor die spieёl staan en room aan my gesig smeer, sê ek die volgende woorde: Dit is nie meer lank nie. Dan gaan ons huistoe.  Ek het dit vir my man vertel en vir hom gesê, dat die huistoe ons hemelse huis is en die Here se koms is naby.  Die volgende oggend 23 Mei 2022 terwyl ek bybelstudie doen, lees ek die volgende in Jakobus 5:8 – Julle moet ook geduldig wag en moed hou, want dit is nie meer lank nie, dan kom die Here.  Ek het dadelik geweet, dat dit ‘n bevestiging is. Ek is besig om deur die Nuwe Testament se boeke te lees en was besig met die boek Jakobus. En vir Maandag moes ek Jakobus 5 lees.  Die Here het Woensdag die 25ste Mei 2022 vir my die volgende gesê: “Waarop fokus jy My kind, fokus op My. Die tyd raak min. My koms is naby en Ek staan by die deur. Soek My aangesig terwyl dit nog te vinde is. Moenie jou fokus plaas op die wêreld se gebeure nie. Alles gebeur soos dit moet.” “Die wat wakker is, kan die tekens van die… Lees verder“Die koms van die Here is naby”