Ek het ‘n dwarrelwind gesien, dit het baie gedraai en die kleur was wit en nie bruin soos dit gewoonlik is as dit ‘n normale dwarrelwind is nie. Ek het dadelik geweet dit het iets met die Here te doen. Ewe skielik het die hele Afrika kaart voor my verskyn. Die dwarrelwind het regdeur al die Afrika lande gegaan, en toe het die dwarrelwinde van Afrika af na al die ander wêreld lande toe beweeg. Ek het ‘n aardbol gesien met al die wêreld lande. Dit het selfs die kleinste plekke bereik soos eilande. Ek vra toe vir die Here: Wat is hierdie wit wat so rond draai en waai? Ek weet dit is iets van U af. Die volgende oomblik het daar sulke sirkels begin vorm. Ek het engele gesien wat in sirkels gestaan het. Hulle het af gebuig en opgekom en toe hou hulle, hulle hande in die lug. Hulle was vol blydskap en het die Here geloof en prys. Lukas 15:10 ~ “Ek se vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.” (1983 vertaling) Toe kom die woorde: Dit is oorwinning wat behaal word, siele wat nogsteeds… Lees verder“Visioen: Siele word nogsteeds gered”
