Lukas 9:23 En Hy sê vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis elke dag opneem en My volg. Wat beteken verloën? Dit beteken jy moet die eie ek opgee. Jou wil, jou beroep, jou huwelikslewe, jou gesin, ensovoorts. Dit klink dalk verskriklik, maar ek bedoel nie jy moet alles opgee nie en alleen voor begin nie. Wat ek bedoel, is: Jy moet die Here eerste stel in jou lewe en ’n intieme verhouding met Hom hê. Hy wil nie hê jou tyd moet in kompetisie met Hom wees nie, soos lang tye wat jy op sosiale netwerke verkeer, te hard werk ensovoorts. Jou fokus word weg gelei van die Here as jy te besig is met die wêreldse dinge. Jy moet jouself totaal oorgee aan die Here sodat die Heilige Gees in jou kan werk. Die Heilige Gees sal sekere gebiede in jou lewe uitwys wat moet verander. Jy moet oop wees daarvoor as jy regtig volkome die Here wil volg. Die Here wil jou hele lewe verander en nie net ’n sekere gedeelte van jou nie. Jy gaan daarteen stry en baklei maar op die ou end is dit die moeite werd…. Lees verder“Neem jou Kruis op”
Maand: Augustus 2017
Beskerming van Engele
Dit was in die jaar 2005. Ek en my man het, nadat ons getrou het, by my ouers op die plot gaan bly. Ons het in ’n woonstel op die plot gebly. Daardie Vrydagmiddag was soos al die ander Vrydae middae gewees. My man het vroeg van die werk af gekom en ek was besig om lêers te vou op die lessenaar. Ek het my ma op daardie stadium gehelp met administrasie. My ma het laat weet hulle gaan gou ry en sal nie lank weg wees nie. Ons was gewoond my ouers ry gou kafee toe of poskantoor toe. Ek het nog by die lessenaar gesit toe die Heilige Gees ewe skielik vir my sê: Bid vir beskerming vir jou ouers waar hulle nou ry. Ek het my oë toegemaak en dadelik gebid dat die Here engele stuur om my ouers te beskerm. My man het my gevra waarom ek nou so gesit het met my oë toe. Ek het geantwoord dat ek ’n gevoel gekry het ek moet vir my ouers bid vir beskerming. Na omtrent 5 minute het my selfoon gelui. Toe ek antwoord, sê my ma: “Ons was nou net in ’n ongeluk.” Ek het die lêers van… Lees verder“Beskerming van Engele”
Ontvang die Heilige Gees
So 10 jaar terug is my nefie oorlede in ’n fratsongeluk terwyl hy gestudeer het in natuurbewaring. Die persoon wat die voertuig bestuur het waarop hulle agterop gestaan het ,het beheer verloor en die voertuig het gerol en op my nefie beland. My nefie is op die operasie tafel dood, hy was 18 jaar oud. Dit was ’n baie hartseer tyd vir ons. Dit was my ma se broer se kind. So ’n week of twee voor my nefie se ongeluk het ek in ’n visioen ’n plek gesien met baie lang gras en daar was ’n dam naby waar ’n mens kon visvang. Toe sterf my nefie. Ons is na die begrafnis en daarna na die begraafplaas. Toe ons daar stop en loop, sien ek die lang gras en oorkant die begraafplaas was daar ’n dam waar mense visvang. Ek het toe eers begin huil toe ek besef dit was die visioen. Gedurende die diens van my nefie in die kerk het hulle genoem dat hy ’n voorgevoel gehad het hy gaan gaan sterf. Dit het my pa baie erg geraak, omdat my nefie nog so jonk was – in die fleur van sy lewe. My nefie was ’n geliefde, Godvresende… Lees verder“Ontvang die Heilige Gees”
DROOM – DIE WEGRAPING
Omtrent 16 jaar gelede het die Here aan my verskyn en met my gepraat terwyl ek geslaap het. Dit was die ongelooflikste ontmoeting in my lewe. Ek het eers gedink ek het net gedroom maar alles was werklik. Ek het buite gestaan en was naby ’n begraafplaas. Die hemelruim was donker en dit was baie mistig gewees. Ek het toe gesien hoe geeste van mense uit die grafte kom en opgelig word in die hemelruim in. Ek was baie verward en het nie geweet wat aangaan nie. Die volgende oomblik was ek voor die troon van die Here. Dit was die helderste lig wat ek nie kan beskryf nie. Die vrede van God kon ek aanvoel en Jesus was aan die regterkant. Ek kon Hom nie heeltemal sien nie,maar ek het geweet Hy staan daar. Daar was ook baie engele wat naby die troon gestaan het. Ek kon hulle vlerke sien. Maar die lig was te skerp om hulle mooi te sien. Toe vra ek vir die Here: Is ek dood? Want ek het gedink ek staan nou in die hemel om geoordeel te word. Want ek is dalk in my slaap oorlede. Toe antwoord God my: “Jy is nie… Lees verder“DROOM – DIE WEGRAPING”
Klop Jou Hart Vir Jesus?
Mattheus 7:7,8 7 Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry; klop, en vir julle sal oopgemaak word, 8 want elkeen wat vra ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word. Soek jy met alles wat in jou is na Jesus? Om ’n verhouding met Hom te hê? In die begin van die vers staan daar: “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry”. Die Here wil hê ons moet Hom nader met enige probleme en wat ons nodig het. Hy wil deel wees van ons lewens. Hy wil nie uitgesluit wees nie. Soek jy na die wil van die Here in jou lewe? Of lewe jy maar net van dag tot dag op dieselfde ou trant. Die Here sê daardeur dat as jy biddend of smekend die Here nader en Hom vra vir iets sal jy dit ontvang, maar partymaal is dit heeltemal iets anders wat jy gaan ontvang. Want die Here weet wat die beste vir jou is en die Here het met elkeen ’n doel op hierdie aarde. Jou vraag sal dalk anders beantwoord word, maar volgens die Wil van God. As jy die… Lees verder“Klop Jou Hart Vir Jesus?”
