Gedig: Ons Redder

Ons roep na U O Heer,
terwyl die donker ons van alle kante omvou.
Laat U lig skyn O Heer,
U is ons redder en Heer,
U Regeer.

Laat die bose verdelg word,
in die donker dieptes van die hel.
Ons wil U grootheid en liefde aan ander vertel.

Ons wil lofgesange sing O Heer,
U het ons verlos.
Laat ons heilig lewe,
en die sonde ons nie begewe.

U lig ons uit die donkerte,
en laat ons sit by U voete.
Vul ons met U Heilige Gees O Heer.
Met alles wat in ons is,
wil ons U prys O Heer.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui