Klei In U Hande

Jesaja 64:8 U is ons Vader, Here, ons is klei en U het ons gevorm, ons is almal die werk van U hande. Ons is klei soos genoem in bogenoemde skrifgedeelte. Wat is klei? Klei is sag en dit kan in verskillende vorms gedruk word, verskillende goedere kan daarmee gemaak word. Klein kindertjies hou daarvan om ure met klei te speel en diertjies te maak ensovoorts. Klei is maklik om te gebruik vir ’n kind. Partykeer kan klei hard word en dan is dit moeilik om dit weer sag te kry. So is dit ook met die mens. Die mens kan in die begin sag en bereidwillig wees en soos die tyd vorder raak die mens al hoe verder weg van dit wat regtig saak maak. Die klei raak dan verhard. Jesus is die Pottebakker en ons as die klei is in goeie hande. Die dag toe Jesus ons gevorm het nog in die moederskoot, het Hy alreeds geweet wat Hy beplan met ons lewens. Hy het elkeen uniek gevorm met ’n spesifieke doel wat jy hier op aarde moet uitleef, om Hom te verheerlik. Die Here het Sy tyd gevat om elkeen individueel te vorm na Sy wil en… Lees verder“Klei In U Hande”

Christelike Lewenswyse

Romeine 12:12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. Hoop spel positiwiteit uit. Dit is om in blydskap en opgewondenheid steeds op die Here te vertrou maak nie saak wat in jou lewe gebeur nie. Hoop laat jou uitsien na die dag van môre, hoop skep verwagting dat goed in jou lewe sal gebeur tot voordeel van die Here en nie vir jouself nie. Om met vaste vertroue te weet en te besef dat ons eendagasaam met Jesus in die Hemel sal wees. Om onwrikbaar steeds te glo en bly te wees in die hoop wat daar in Christus is. Dat Jesus gesterf het vir ons sondes, sodat ons eendag die ewige lewe kan beërwe. Watter groter daad van liefde het Jesus nie aan die mensdom bewys nie. Wanneer verdrukking op jou pad kom, kan jy maklik struikel en val. Wanneer mense jou sleg behandel en jy weet nie meer hoe om aan te gaan nie. Staan vas teen die aanslae van die lewe. Dit is nie maklik nie, maar jy kan dit doen. Mense sal wil jou stilmaak vir die goeie nuus van die Here wat jy wil versprei, sodat mense sal besef waaroor… Lees verder“Christelike Lewenswyse”