My boek “In die Lig – Openbaringe van die Here” kan julle by die volgende skakel bestel: http://indielig.co.za/boek/ By hierdie prys is alles ingesluit, asook afleweringskoste in Gauteng vir R147.24. Aflewering in Suid-Afrika, buite Gauteng, gaan ‘n addisionele bedrag van ongeveer R40 beloop.
Maand: Oktober 2016
Bly wakker en hou aan bid
Lukas 22:46 ~ Hy se toe vir hulle: “Waarom slaap julle? Staan op en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie.” In hierdie wêreld moet ons wakker wees, en nie aan die slaap gevang word nie. Ons moet ons gebedslewe lewendig hou, sodat ons bewaar word en nie deur die duiwel versoek te word nie. Psalm 27:7 ~ Luister tog na my, Here, as ek roep; wees my genadig en verhoor my gebed. Hou aan om uit te roep na die Here in gebed. Die Here luister na jou. Hy sal jou genadig wees en jou gebed verhoor. Dit sal dalk heeltemal anders wees, as wat jy gedink het dit gaan wees. Maar God antwoord vandag nogsteeds gebede.
Die Here is altyd daar vir jou
Die Here het jou lief, aan Sy liefde is daar geen einde nie. Die Here is altyd getrou en Hy sal op die regte tyd, jou omstandighede verander en jou die uitkoms gee waarvoor jy gewag het. Jou naam is kosbaar vir Hom, gegrafeer in Sy Handpalms vir ewig. Jy behoort aan Hom. Al vergeet mense van jou of hulle verlaat jou, weet dat die Here altyd daar is vir jou. Psalm 136:1 ~ Loof die Here, want Hy is goed. Aan Sy liefde is daar geen einde nie. Jesaja 49:16 ~ Ek het jou naam in My handpalms gegraveer, Ek sien jou mure altyd voor My.
