Wanneer die bevel gegee word en die stem van die aartsengel en die trompet van God weerklink, sal die Here self uit die hemel neerdaal. Allereers sal dié wat in Christus gesterf het, uit die dood opstaan; daarna sal ons wat nog lewe, saam met hulle op die wolke weggevoer word, die lug in, die Here tegemoet. En so sal ons altyd by die Here wees. I Thessalonisense 4:16-17

Ek is ‘n Christelike skrywer en ek beweeg in die profesie.
Ek wil jou aanmoedig om te streef na ‘n intieme, persoonlike verhouding met die Here Jesus. Ek wil ook jou aanmoedig om meer bewus te wees van die Heilige Gees se leiding en om fyner te luister as Jesus met jou praat. Om die stem van die Here te onderskei in hierdie wereld vol van ander geluide en die besige lewe van vandag wat ons maklik kan oorweldig.
Jy kan leer om meer in die lig saam met Jesus te loop. Om waarlik oor Jesus te leer en om Jesus deel te maak van jou daaglikse lewe. Deur hierdie blog, wil ek graag my persoonlike verhouding met die Here deel. Deur middel van belangrike boodskappe en openbaringe wat die Here met my gedeel het. Ek beweeg in die profesie en ek is bloot ‘n werktuig tot die heerlikheid van God. Die Here wil hê dat ek dit moet deel, en ek hoop dat dit jou hart en jou lewe sal aanraak, sodat dit aanleiding sal gee tot ‘n nuwe lewe in Jesus Christus.
In Die Lig versprei die goeie nuus van Jesus Christus. Die oogmerk is om jou te lei om jou sonde skuld te besef en jou aan te spoor om jouself te bekeer voor Jesus. Die tyd raak min, die laaste dae is op hande. Saam met Jesus kan jy ‘n innerlike vrede ervaar soos nog nooit te vore nie. Dit is nog nie te laat nie. Gee jouself oor aan Hom en jy kan gered word. Jesus kom terug en Hy gaan sy Bruid saam met Hom vat na die hemel.
Is jy gereed vir Jesus se koms?
