Droom: Bome en geboue wat brand

Augustus 30, 2016

In die oggendure droom ek, ek is in ‘n huis of ‘n gebou. Ek het nie die plek geken nie. Dit was donker binne in die plek. Die gordyne was toegetrek. Toe die volgende oomblik hoor ek ‘n verskriklike harde geluid, dit het soos ‘n ontploffing geklink. Ek was nie bang nie, en dit het gevoel of dit my nie raak nie. Ek het die gordyn weg getrek, en toe sien ek hoe bome en geboue brand. Dit was baie erg.

Die bome was baie lang dun bome en bo was dit vol takke. Die geboue was oud gewees. Dit het gelyk soos die geboue wat in Jerusalem, Israel is. Ek het gaan kyk of ek die bome kan kry wat ek gesien het. Toe het ek op die Palm boom afgekom wat in Israel groei.

Dit was asof die Here my ‘n kykie gegee het, oor ‘n oorlog of ontploffing wat in die toekoms gaan begin. En dit wil amper voorkom of die ontploffing dalk versoorsaak was deur ‘n atoombom of dit kan missiele gewees het. Want die ontploffing was nie ‘n gewone ontploffing nie.

Die tyd raak min en soos baie mense weet, is daar baie lande in Sirië en die omliggende omgewing wat nie van Israel hou nie. Iran is ook daar bedrywig daar, en Iran het al telkemale gesê hulle wil van Israel ontslae raak.

Dit is net ‘n kwessie van tyd. Bid asseblief vir die vrede en beskerming van Israel.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui