Sondag 22 Mei 2022 – Die aand terwyl ek voor die spieёl staan en room aan my gesig smeer, sê ek die volgende woorde: Dit is nie meer lank nie. Dan gaan ons huistoe. Ek het dit vir my man vertel en vir hom gesê, dat die huistoe ons hemelse huis is en die Here se koms is naby. Die volgende oggend 23 Mei 2022 terwyl ek bybelstudie doen, lees ek die volgende in Jakobus 5:8 – Julle moet ook geduldig wag en moed hou, want dit is nie meer lank nie, dan kom die Here. Ek het dadelik geweet, dat dit ‘n bevestiging is. Ek is besig om deur die Nuwe Testament se boeke te lees en was besig met die boek Jakobus. En vir Maandag moes ek Jakobus 5 lees. Die Here het Woensdag die 25ste Mei 2022 vir my die volgende gesê: “Waarop fokus jy My kind, fokus op My. Die tyd raak min. My koms is naby en Ek staan by die deur. Soek My aangesig terwyl dit nog te vinde is. Moenie jou fokus plaas op die wêreld se gebeure nie. Alles gebeur soos dit moet.” “Die wat wakker is, kan die tekens van die… Lees verder“Die koms van die Here is naby”
Kategorie: Boodskappe
Aan die Kruis
Ons is skoon gewas, deur U kosbare bloed Here Jesus. Hoe kan ons ooit U vergoed? Ons loof en prys U Here Almagtig. Ons is U kinders en ons buig in aanbidding voor U. By die voete van die kruis, bring ons, ons smeek gebede. Die oorwinning is behaal, U het ons vry gemaak. Ons is skoon gewas soos sneeu. U bloed het gevloei, Ons sondes is verwyder. Ons is vrygekoop. Laat ons dan ons vryheid vier , deurdat ons elke dag ons lig helder sal skyn. Sodat ander mense U in ons sal sien en U ook in hulle lewe begeer. Groete en seёnwense in Christus
MY GETUIENIS: DIE HERE GENEES NOG VANDAG
Ek het besluit om my getuienis met julle te deel, oor die Here se genesing in my lewe. Omtrent 10 jaar gelede, is ek met hoё bloeddruk gediagnoseer. Ek het medikasie daarvoor gekry om te drink. Maar die bloeddruk het toe alreeds skade aan my hart veroorsaak. My linkerkantste hartkamer was vergroot, omdat my bloeddruk vir te lank baie hoog was. Ek het ‘n kardioloog gaan sien en het ook ‘n hart pil gekry om te drink. Ek was baie moeg met tye, deurdat my hart harder moes werk om bloed na die hartkamers toe te vervoer. Ek kon ook fisies drukking op my borskas ervaar. Deur die jare het ek gewoond geraak om die pille te drink vir die hoё bloeddruk en vir my hart. In 2014 het die Here vir my gesê, dat Hy my gesond gaan maak. Stuk vir stuk gaan Hy my gesond maak. Ek het al die jare vas gehou aan die Here se belofte en aanhou glo en vertrou dat die Here my gaan genees. Omtrent so 3 jaar gelede op ‘n warm somersdag het ek in my studeerkamer gesit. Ewe skielik het ek verskriklik begin sweet en het begin sleg voel. Ek het… Lees verder“MY GETUIENIS: DIE HERE GENEES NOG VANDAG”
ENGELE OP HULLE PLEK VIR DIE WEGRAPING
Die oggend van 29 Maart 2019 het ek in ‘n visioen die volgende gesien. Daar was ‘n sirkel wat roteer het om sy eie as en daar was ‘n baie helder lig wat geskyn het. Ewe skielik toe stop die beweging. Toe sien ek dat dit engele is. Die engele het in ‘n sirkel stil gaan staan en hulle het trompette langs hulle sye gehad. Toe kyk hulle af en kyk na die aarde. Die aarde was vol donker kolle en rook, dit was nie mooi nie. Ek kon God se hartseer voel oor wat alles op die aarde gebeur. Die trane het oor my wange geloop. Die engele het hulle trompette opgetel en dit nader na hulle monde gebring om dit te blaas. Ek het ‘n groot helder lig aan die eenkant gesien, en het dadelik geweet dit is God. Dit was of God ‘n aankondiging wou maak. Jesus het langs God verby geloop en ook af gekyk na die aarde. Weereens kon ek die hartseer voel en het gehuil. Ewe skielik was dit of ‘n hand of arm van God, Jesus keer. Dat die tyd nog nie reg was nie. Al wat ek kan sê, is dat die… Lees verder“ENGELE OP HULLE PLEK VIR DIE WEGRAPING”
Vuur van Herlewing
In die nag van 19 Januarie 2019 droom ek die volgende: Daar is ‘n baie groot brand wat woed, in ‘n stad of stede van Suid-Afrika. Ek kon sien dat dit in die stad is, want die geboue was te op mekaar gebou gewees. Die vlamme se kleur wissel tussen baie helder rooi en oranje. Dit was ‘n baie groot vuur. Dit word op die TV nuus uitgesaai. Dan verskyn Mmusi Maimane van die DA party op die nuus. Hy hou ‘n boek in sy linkerhand. Toe ek mooi kyk, sien ek hy hou die Bybel in sy hand. Hy noem dat daar nog baie mense benodig word om te kom help. Hy was baie haastig om te gaan. Dit het nie gelyk na ‘n lewe of dood situasie nie. Ek het besef dat dit ‘n geestelike gebeurtenis is. ‘n “Fire of God” belewenis. Ek het die Here gevra wat die droom beteken en Hy het die volgende vir my gesê: “ Die brand wat woed Is My Heilige Gees wat herlewing bring onder die mense van Suid-Afrika. Die vlamme wat so brand is My Gees wat ek versprei onder die mense. Mmusi Maimane is ‘n pastoor, maar ook ‘n… Lees verder“Vuur van Herlewing”
