Ek het vir 'n ruk gedink of ek hierdie met julle moet deel of nie. Ek was vir 'n paar maande baie stil en het nie baie aktief op my blog gewees nie. Ek is deur van die moeilikste maande van my lewe. Vanaf Februarie 2017 tot in Mei 2017, het die duiwel en sy trawante alles probeer om my te stop en stil te maak. Daar is aantygings rond geslinger deur mense wat die duiwel gebruik het. Die hartseerste was dat al die mense het nie geweet dat die duiwel hulle gebruik, om my seer te maak nie. Alles wat die mense gesê het, was nie die waarheid nie. Maar die aanslag was so groot dat ek dit geglo het. Die woorde wat teen my gespreek is het my afgebreek, my laat twyfel, sonder hoop laat voel, moedeloos en ek het in erg depressie verval. Soveel so dat ek nie die huis kon verlaat nie. Want sodra ek met iemand sou praat, dan wou ek huil. Ek was nog nooit so erg aangeval deur die duiwel nie. Ek was heeltemal plat geslaan. Met alles in my het ek nogsteeds aan die Here vasgehou en uitgeroep na die Here. Ek… Lees verder“UIT DIE DONKER PUT TOT IN DIE HEERLIKHEID VAN GOD”
Maand: Mei 2017
Die Koning Kom (deur Sjibbbolet Bedienige)
Ek het hierdie ontvang vanaf ‘n leser, ek deel dit graag. Die Koning Kom Ek is ‘n man van 74 (Joël 2:28) en ek droom onlangs ek stap op die Tempelberg in Jerusalem (ek was laas daar in 1973) en in die droom tel ek ‘n silwer muntstuk van die grond af op. Die muntstuk, byna soos ons ou sikspens, had agterop die woorde en syfer “0 value”. Dit het verstom want nog nooit in die geskiedenis van die wêreld het ‘n land ‘n munstuk gemunt met ‘n 0 waarde nie. Selfs ons ou kwartpennie, die oortjie, had ‘n waarde. ‘n Berig oor hierdie vreemde munt het in die Israelse koerante verskyn en vandaar het dit gou wêreldwyd versprei, in die hoop dat iemand ‘n verduideliking oor die vreemde munt het. Daar was geen verduideliking nie. Muntversamelaars egter, het mekaar byna verdring met aanbiedinge om die vreemde munt met sy 0 waarde te bekom… eers in duisende toe tienduisende, toe miljoene. Die hoogste bod net voordat die droom geëindig het, was R3 biljoen rand. Maar, die waarde van die munt is veel groter as wat geld ooit kan koop. Dit is ‘n EINDTYD WAARSKUWING… “Want die HERE doen niks tensy… Lees verder“Die Koning Kom (deur Sjibbbolet Bedienige)”
