VROUEDAG

Jy as vrou is uniek geskape.

Jy is kosbaar in die Here se oë.

Jy sien die hartseer en pyn van ander raak.

Want die Here het ons as vrouens emosies gegee,

om te reageer en uit te reik na ander wat hulp nodig het.

 

Vier vandag vrouedag met die wete,

dat jy ‘n verskil in hierdie wêreld kan maak.

Maak nie saak waar jy jouself bevind nie,

en maak nie saak hoe klein verskil jy maak nie.

Vir ander kan dit baie beteken.

 

Daarom, sit vandag ‘n glimlag op jou gesig.

Bring vreuge en blydskap in ander se lewens.

Laat jou sagtheid en deernis uitstraal,

en gee hoop aan mense wat alleen voel.

Met die liefde van Christus wat binne in jou is.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui