Vertrou op God en laat Sy kalmte oor jou spoel

Psalm: 94: 12-13  12 Dit gaan goed met die mens wat deur U opgevoed word, Here, vir wie U onderrig in u woord 13 en vir wie U rus gee na tye van teëspoed. Hoe bly ‘n mens kalm, ten spyte van jou omstandighede wat jou oorweldig? Hoe kan jy ‘n instrument van vrede wees, waar jy ook al gaan? Hoe styg jy bo jou omstandighede uit, in plaas van dat jou omstandighede jou onder kry? God wil jou vandag laat weet. Dat jy moet lewe volgens Sy Woord in elke area van jou lewe. Jy moet leer om meer sensitief en ingestel te wees vir Sy stem. Om Sy stem te herken en te reageer as Hy jou roep. Wees gehoorsaam aan die Here. Die Here sal jou nooit iets gee wat te swaar is om te dra nie. Gee al jou bekommernisse vir Hom. Die duiwel sal altyd al jou foute en tekortkominge uitwys en jou laat dink jy is nie waardig nie. Moet nie na die duiwel luister nie. Die Here het aan die kruis vir jou gesterf en in Sy oë sal jy altyd aanvaarbaar wees vir Hom. Begin vandag om voluit vir die Here te lewe…. Lees verder“Vertrou op God en laat Sy kalmte oor jou spoel”

Die Here sal jou lei

~ Jesaja 58: 11 ~  Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in die dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos ‘n tuin met volop water, soos ‘n fontein waarvan die water nie opdroog nie. Ons moet ons self ontvanglik en oop stel vir die leiding van die Heilge Gees. Wanneer jy tyd neem om te luister, sal jy hoor die Heilige Gees praat met jou. Al gaan jy deur ‘n moeilike en dor tydeperk in jou lewe, die Here is nogsteeds saam met jou. Al voel jy alleen, moet jy besef dat die Here jou nooit sal verlaat nie. Die Here sal jou lei waar jy ook al gaan, en in jou behoeftes voorsien wat jy benodig. Met die leiding van die Here in jou lewe, is jy borrelend vol van die Lewende God. Soos die Heilige Gees jou lei wanneer jy belangrike keuses en besluite moet maak, sal jy die keuses en besluite maak wat voldoen aan die Here se Wil. Here, dankie dat U Heilige Gees ons lei en dat ons kan besef dat U is met ons. U lei ons altyd op die regte weg, tot… Lees verder“Die Here sal jou lei”