Ons staan op die punt van verandering

Vanoggend het ek opgestaan met ‘n opgewondenheid hier binne in my. Ek het met die Here gepraat en vir die Here gesê, ek kan voel hier binne in my dat verandering gaan plaasvind en dat dit nie meer lank is nie. Dat ons op die punt staan, vir ‘n nuwe begin vir hierdie land en ook dat verandering individueel gaan begin plaasvind. Toe sê die Here vir my: “Die tyd het gekom, dat wat was weer sal wees. Daar sal verandering wees en dit sal ten goede wees.” Prediker 1:9 ~ Wat was, sal weer wees; wat gebeur het, sal weer gebeur. Daar is niks nuuts in hierdie wêreld nie. ‘n Geseënde dag vir julle

Profesie ontvang van die Here oor die droogte in Suid-Afrika

“Daar sal nie ‘n dag “zero” wees nie, sê Ek die Here. Is Ek nie die Here van oorvloed nie?” “Waarom sal Ek niks gee nie, maar riviere en damme sal vol loop.” “Nul sal nie nul bly nie, dit sal vermeerder. Vir My is enige iets moontlik. Ek het die visse vermeerder en almal kon eet.” “Waarom sou Ek nie die reën stuur en oorvloed bring nie?” “Moenie so kleingelowig wees nie, Ek sal voorsien. Skure sal vol wees, damme sal oorloop sê Ek die Here. Reën gaan Ek stuur na die droogte geteisterde plekke van die land.” “Ek hoor julle gebede en Ek sal antwoord.”   Spreuke 3:9-10 ~ 9 Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, 10 dan sal jou skure oorvol wees en jou parskupe oorloop van die wyn. (1983 vertaling) Spreuke 8:21 ~ Ek maak die wat my liefhet, ryk, ek maak hulle skure vol. (1983 vertaling) Jesaja: 41:17-20 ~ 17 Die hulpeloses en die armes soek water, maar daar is nie; hulle versmag van dors. Maar Ek, die Here, sal hulle gebede verhoor, Ek die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie. 18… Lees verder“Profesie ontvang van die Here oor die droogte in Suid-Afrika”

Vryheid en Vrede

Filippense 4:6-7 6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. 7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. As jy saam met die Here wandel moet jy oor niks besorg wees nie. Ja, dit klink dalk maklik maar dit is moeilik met tye. ’n Mens bly maar ’n mens en partykeer is ons te veel besorgd en bekommerd met die dinge in die lewe. Soos byvoorbeeld wat om te eet, is ons geliefdes veilig, geldelike probleme ensovoorts. Ons moet begin om nie meer so besorg te wees oor die dinge nie en dit oor te gee aan die Here. Die Here sal vir ons sorg, as ons maar net wil oorgee en die Here toelaat in ons lewens. Om ons te verander vanaf bekommerde mense na mense wat ten volle op die Here te vertrou. En weet dat die Here altyd daar sal wees en nooit ons sal verlaat nie. Deurdat jy begin om in gebed jou begeertes bekend te maak aan die Here. Gee jy die Here ’n oop… Lees verder“Vryheid en Vrede”