‘n Tweede kans vir Cyril Ramaphosa

“Ek gee jou ‘n tweede kans Cyril sê Ek die Here. Ek het jou aangestel oor hierdie land. Jy was oop om na My te luister. Maar jy het na ander mense geluister.” “Jy was onder druk en jy het geknak. Jy het nie My aangesig gesoek nie. Ek is kwaad en hartseer, omdat jy teen My gegaan het. Maar Ek sal jou nog ‘n kans gee. Keer terug na My. Plaas jou volle vertroue in My.” “Laat Ek jou lei om besluite te maak. Moenie na die verkeerde mense luister nie. Hulle ken net die pad na die verderf.” “As jy nie na My wil luister nie, gaan Ek jou moet straf. Hier was so baie geleenthede om die land positief te verander. Maar jy het nou dit oor gegee aan die duisternis.” “Daarom sê Ek vir jou Cyril, draai terug na My toe. Anders gaan Ek jou straf en jou uit jou posisie haal. Suid-Afrika behoort aan almal en hierdie is ‘n Christen land.” “In hierdie land gaan groot dinge gebeur en die hele wêreld sal My krag aanskou. Maar Ek soek iemand wat Ek kan vertrou en wat My volg. Daarom sal Ek die regte persoon stuur,… Lees verder“‘n Tweede kans vir Cyril Ramaphosa”