Profesieë

Ons staan op die punt van verandering

Vanoggend het ek opgestaan met ‘n opgewondenheid hier binne in my.

Ek het met die Here gepraat en vir die Here gesê, ek kan voel hier binne in my dat verandering gaan plaasvind en dat dit nie meer lank is nie.

Dat ons op die punt staan, vir ‘n nuwe begin vir hierdie land en ook dat verandering individueel gaan begin plaasvind.

Toe sê die Here vir my: “Die tyd het gekom, dat wat was weer sal wees. Daar sal verandering wees en dit sal ten goede wees.”

Prediker 1:9 ~ Wat was, sal weer wees; wat gebeur het, sal weer gebeur. Daar is niks nuuts in hierdie wêreld nie.

‘n Geseënde dag vir julle


Profesie ontvang van die Here oor die droogte in Suid-Afrika

“Daar sal nie ‘n dag “zero” wees nie, sê Ek die Here. Is Ek nie die Here van oorvloed nie?”

“Waarom sal Ek niks gee nie, maar riviere en damme sal vol loop.”

“Nul sal nie nul bly nie, dit sal vermeerder. Vir My is enige iets moontlik. Ek het die visse vermeerder en almal kon eet.”

“Waarom sou Ek nie die reën stuur en oorvloed bring nie?”

“Moenie so kleingelowig wees nie, Ek sal voorsien. Skure sal vol wees, damme sal oorloop sê Ek die Here. Reën gaan Ek stuur na die droogte geteisterde plekke van die land.”

“Ek hoor julle gebede en Ek sal antwoord.”

Spreuke 3:9-10 ~

9 Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, 10 dan sal jou skure oorvol wees en jou parskupe oorloop van die wyn. (1983 vertaling)

Spreuke 8:21 ~

Ek maak die wat my liefhet, ryk, ek maak hulle skure vol. (1983 vertaling)

Jesaja: 41:17-20 ~

17 Die hulpeloses en die armes soek water, maar daar is nie; hulle versmag van dors. Maar Ek, die Here, sal hulle gebede verhoor, Ek die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie. 18 Ek sal op die kaal bergtoppe riviere laat ontspring, en in die laagtes fonteine laat uitborrel. Ek sal woestyngebied in rietvlei verander, dor land in fonteinwêreld. 19 Ek sal in die woestyn seders laat groei, doringbome, mirte en olyfbome. Ek sal in die barre wêreld sipresse laat groei saam met platane en denne. 20 Dan sal die mense sien en erken, almal sal begryp en insien dat die Here dit gedoen het, dat die Heilige van Israel dit geskep het. (1983 vertaling)

Jeremia 29:11-13 ~

11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle ‘n toekoms gee, ‘n verwagting! 12 Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. 13 Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra. (1983 vertaling)

Matteus 14: 19-20 ~

19 Hy het die menigte beveel om op die groen gras te gaan sit om te eet. Toe neem Hy die vyf brode en die twee visse, kyk op na die hemel en vra die seën. Daarna het Hy die brood gebreek en dit aan sy dissipels gegee, en hulle het dit aan die mense gegee. 20 Al die mense het geëet en genoeg gekry, en hulle het nog twaalf mandjies vol bymekaargemaak van die stukke brood wat oorgebly het. (1983 vertaling)

Filippense 4:19 ~

En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. (1983 vertaling)


‘n Tweede kans vir Cyril Ramaphosa

“Ek gee jou ‘n tweede kans Cyril sê Ek die Here. Ek het jou aangestel oor hierdie land. Jy was oop om na My te luister. Maar jy het na ander mense geluister.”

“Jy was onder druk en jy het geknak. Jy het nie My aangesig gesoek nie. Ek is kwaad en hartseer, omdat jy teen My gegaan het. Maar Ek sal jou nog ‘n kans gee. Keer terug na My. Plaas jou volle vertroue in My.”

“Laat Ek jou lei om besluite te maak. Moenie na die verkeerde mense luister nie. Hulle ken net die pad na die verderf.”

“As jy nie na My wil luister nie, gaan Ek jou moet straf. Hier was so baie geleenthede om die land positief te verander. Maar jy het nou dit oor gegee aan die duisternis.”

“Daarom sê Ek vir jou Cyril, draai terug na My toe. Anders gaan Ek jou straf en jou uit jou posisie haal. Suid-Afrika behoort aan almal en hierdie is ‘n Christen land.”

“In hierdie land gaan groot dinge gebeur en die hele wêreld sal My krag aanskou. Maar Ek soek iemand wat Ek kan vertrou en wat My volg. Daarom sal Ek die regte persoon stuur, as jy Cyril nie vir My wil luister nie. Gaan Ek moet ingryp sê die Here.”

1 Kronieke 16:11 ~

Vra na die Here en sy sterkte; soek sy aangesig altyd deur. (1933/1953) vertaling

Psalms 67:2 ~

Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela. (1933/1953) vertaling

Matthéüs 7:13-14 ~

13 Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. 14 Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. (1933/1953) vertaling


Profetiese Woord van die Here: Sondag 3 Desember 2017 ~ Suid – Afrika en Cyril Ramaphosa

“Suid-Afrika, ‘n nuwe tyd het aangebreek. Ek gaan ‘n ander persoon in bevel van die land stel. Hy sal ‘n man wees wat wil luister, oop wees om na My te luister.”

“Hy gaan baie teenkanting kry, maar hy gaan deur dit alles kom en sterk staan. Ek gaan hom ‘n vaste fondament laat lê, waarop My kerk in hierdie land geplant sal word.”

“Die vyand gaan oorwin word en ‘n nuwe dag gaan aanbreek vir hierdie land Suid-Afrika.”

“Cyril: “Ek het jou geroep en jy het geluister. Jy is My dienaar, daar lê baie werk voor. Maar Ek gaan vooruit, om die pad vir jou gelyk te maak.”

Matteus 16:18-19 ~

18 En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. 19 Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly. (1983 vertaling)

Mattheus 16:18-19 ~

18 En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. 19 _En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees. (1953 vertaling)_

Jesaja 45:2 ~

Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak. Ek sal bronspoorte oopbreek en sluitbalke van yster stukkend kap. (1983 vertaling)

Jesaja 45:2 ~

Ek self sal voor jou uit gaan en hoogtes gelykmaak; koperdeure sal Ek verbreek en ystergrendels stukkend slaan. (1953 vertaling)


Die Here se Wil het geskied: Donald Trump wen die Amerikaanse Verkiesing

Die oggend van die 14de Junie 2016 het die Here vir my gesê: “Die muur (Mexico muur) sal in minder as 6 maande gebou word. Donald Trump gaan strukture, en ander goed wat Amerika al die jare gevange gehou het af breek.”

Baie goed gaan in Amerika verander, maar dit is ten goede. Dit gaan beter gaan met die mense in Amerika. Goed gaan weer opgehou word en vooruitgang gaan geskied. Herlewing sal uitbreek in Amerika.”

Die Here se Wil het geskied, en mag die Here in Donald Trump se hart werk om hom meer te verander. Sodat hy, Donald Trump ‘n dienaar van Christus kan wees.


OPENBARING OOR DIE AMERIKAANSE VERKIESING EN DONALD TRUMP

Verlede jaar het ek die Amerikaanse verkiesing begin volg. Nooit voorheen het ek dit gevolg nie, maar dit was asof die Heilige Gees my gelei het om dit te volg. In die begin was daar baie kandidate aan beide kante, maar veral baie kandidate aan die Republikeinse kant.

In die aand van die 16de Desember 2015, voordat ek aan die slaap raak. Vra ek die Here die volgende: Wat gaan aan met die Amerikaanse verkiesing en wie gaan teen mekaar staan in die einde? Toe sien ek ‘n gesig van ‘n man met ligte hare en wat ouer is. Toe word die gesig duideliker en ek kon sien dit is Donald Trump.

In die middel van die nag van die 27 Mei 2016 , vra ek die Here iets oor Donald Trump. Toe antwoord die Here: “My Old Best friend.”

In die oggend van 14 Junie 2016 toe ek besig was om die huis uit te vee, sê die Here vir my: “Donald is besig om strukture en ander goed wat Amerika gevange gehou het al die jare af te breek. Net soos Jeremia goed afgebreek het. Baie goed gaan verander en dit gaan beter gaan vir die mense in Amerika. Goed gaan weer opgebou word. Daardeur sal ook herlewing in Amerika uitbreek.”

Ek weet baie mense hou die media dop, en sien dat daar baie negatiewe goed oor Donald Trump gesê word. Ons almal is mense en ons almal het een of ander tyd gefaal in ons lewens. Ons almal het foute, daar is nie een mens op aarde sonder foute nie. Maar ons kan groei en ons lewens vir die Here gee, en ons kan verander.

Donald Trump is vir Israel en hy wil graag Amerika weer herstel soos dit voorheen was. Hy is ‘n vriend van Israel. En soos dit in die Bybel sê: As jy ‘n vriend van Israel is, sal die Here jou seën.

Die Here kan enige iemand gebruik, soos Hy wil. Byvoorbeeld: Paulus het eers Christene vervolg en toe het hy sy lewe vir die Here gegee. Toe het hy Christene gered vir die Here. Die Here gebruik partykeer mense wat jy nie gedink het Hy sou nie. Maar die Here het ‘n plan met alles.

Moet asseblief nie alles glo wat in die normale media (in die koerante en televisie) deurgegee word van Donald Trump nie. Die meeste van die “aantygings” ensovoorts is opgemaak teen hom, om hom skuldig en sleg te laat lyk.

Hou aan bid, dat die Here se Wil sal geskied in Amerika en dat die regte persoon sal regeer. Wat ‘n verskil in Amerika sal te weeg bring en die res van die wêreld. Tot Eer en Verheerliking van die Here Jesus Christus.

Die Here seën julle


Herlewing in Suid-Afrika (Augustus 2016)

Voordat ek aan die slaap raak sien ek die volgende visioen: Golf, op golf kom al hoe nader aan my. Dan ewe skielik oorval die water my, en daar was ook ander mense saam met my. Ek het gedink ons gaan verdrink, maar ons het nog steeds asem gehaal. Toe sê die Here: “Dit is My lewende water. Drink My Woord. Jy sal vol word daarvan.”

Johannes 4:14 – maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.(1953/1933 vertaling)

Toe sê die Here vir my: “Ek is nog nie klaar met Suid-Afrika nie. Die water gaan oorspoel van een provinsie na die ander. As julle dink ISIS is net in Irak en Sirië, dit is nie so nie. ISIS is hier in die vorm dat My gelowiges vermoor en aangerand word. Die water gaan die land deurspoel en herlewing gaan plaasvind, soos nog nooit gesien nie. Al is dit nou baie donker. Ek sien, Ek sien hoe word My gelowiges behandel.”

“My gelowiges gaan gered word, en My koms is nie ver nie. Maar eers moet nog verlore siele in hierdie land Suid Afrika gered word.”

“Suid Afrika herlewing kom. Julle moet moed hou en glo, alles is nie verlore nie sê die Here. Ek het nie van julle vergeet nie, hier aan die suidpunt van Afrika nie sê die Here. Julle gaan helder skyn aan die punt van Afrika. En nie meer genoem word donker Afrika nie, want julle gaan verlig wees en My Heerlikheid gaan uitstraal.”


Wind van Verandering (Augustus 2016)

Ek het stiltetyd gehou en die Here het die volgende openbaring vir my gegee: “Soos die Augustus wind waai, so gaan die wind van verandering waai oor die land. Verandering gaan orals plaasvind ten goede My kind. Verandering gaan plaasvind in skole, besighede, woongebiede, oral oor die land. Die verandering wat gaan kom, is My Gees van Vrede en Kalmte wat oor die hele land sal gaan. Die wat My ken sal nader aan My wees. Meer siele gaan gered word vir My, My kind. My Naam sal geeër word in plekke, wat voorheen nie My Naam wou noem nie.” “Verandering gaan kom My kind. Mense gaan meer op hulle knieë gaan en My aangesig soek. “


Profetiese Woord van die Here: Word wakker en wag vir My, My kinders (12 Julie 2016)

Die tyd raak min My kind, die tyd raak min. Soveel mense moet nog wakker geskud word. Kan julle nie die tekens sien van die eindtyd nie? Hoeveel tekens moet Ek nog stuur? Daar is nie meer baie tyd oor nie. Baie mense moet nog gered word, voor ek terug kom. Maar, daar is nog tyd om siele te red. My Ware kinders gaan uit en verkondig My Woord. Help mense om hulle self te bekeer en hulle lewens oor te gee aan My. Ek is die Here jou God, die Begin en die Einde. Die einde is op hande en Ek gaan terug kom en My kinders kom haal. Maak dus seker dat jy wakker is en wag op My, My kind. Hou jou lewe rein en skoon. Hou jou lampie vol olie, want die dag wat Ek terug kom is naby.


7 Maart 2016

Ek het vanmiddag vir ‘n lang ruk gaan bid en met die Here gepraat. Later het ek weer gaan bid en die Here het die volgende vir my gesê en geopenbaar: Dit gaan kom reën My kind. Wyd verspreid gaan dit begin reën. Soos dit in Januarie begin het, gaan dit wyer uitkring. Plekke wat nog droog is, gaan reën ontvang. Ek hou My Woord My kind. Ek sien dat My opregte kinders op hulle knieë bly gaan en smeek vir reën. Deur die droogte het baie meer mense terug gedraai na My toe. Waar hulle lou was is hulle nou warm vir My. Hulle het terug gekeer na My toe en hulle lewe heeltemal oorgegee aan My. Ek sal julle gebede verhoor en die reën stuur. Hoe en Wanneer Ek Wil. Weet net dat die gebede van die opregtes sal beantwoord word. Die reën is oppad, die reën is oppad My kind. Juig My kind.


AARDBEWINGS EN ‘N GROOT AARDBEWING

15 Februarie 2016: In my stilte tyd saam met die Here. Toe sê die Here: “Daar is nog ‘n groot aardbewing oppad en daar gaan nog baie ander aardbewings ook wees. Dit moet gebeur want daar is nog baie ongelowiges en dit is deel van alles wat in My Woord staan. Daar gaan ook baie vulkaniese uitbarstings wees, dit moet gebeur.” Ek het die middag gesien daar was ‘n aardbewing in New Zealand vroeër die dag. Ek was rustig en het nie verder weer iets oor die aardbewing van die Here gehoor nie.

5de Maart 2016: Omtrent 1 uur in die oggend het ek wakker geword en met die Here begin praat. Toe vra ek die Here: Waar gaan die aardbewings wees? Toe sê die Here: “New Zealand, Japan en Indonesia moet kennis neem. En al die ander eilande tussenin byvoorbeeld: Papua New Guinea, Solomon Eilande, Fiji, Samoa en nog baie ander eilande.” Ek vra almal om asseblief voorbidding te doen en in te tree vir al die mense in die verskillende lande en gebiede. Sodat daar nie te veel mense sterf nie. Die Here het nie vir my gesê wanneer dit presies gaan gebeur nie. Maar ek vra dat daar voorbidding sal plaasvind vir die mense. Baie dankie.


‘n Openbaring van die Here oor die droogte in ons land (22 Desember 2015)

Ek het gesukkel om aan die slaap te raak en toe ontvang ek die volgende openbaring van die Here: “Die droogte gaan gebreek word sê die Here.” “Ek sien julle smeekgebede My kind. Ek sien hoe julle terug draai na My toe. Dit is die laaste dae en hier sal droogte wees. Maar Ek hoor julle gebede en Ek sal julle antwoord. Baie keer terug na My toe en gee hulle lewens oor aan My ten volle. Ek sal julle gebede beantwoord.” “Die sluise gaan oop gemaak word en die droogte sal gebreek word. Ek ken my opregte kinders en Ek sien ook wie My volg. Die droogte was ‘n toets My kind. Party mense het geslaag en ander het gefaal. Maar herlewing om My te vind en te aanbid het toegeneem.” “Die droogte gaan gebreek word My kind. Die riviere en damme sal oorloop van My Vader se seëninge. En die boere wat op hulle knieë is, sal op staan met hande omhoog en My Loof en Prys sê die Here. Die reën is oppad My kind.”


Openbaring (11de Oktober 2015)

Nadat ek in die aand gebid het, sê die Here: “Hoekom dink jy dit is so warm My kind? Ek straf ook hierdie land, die mense moet terug draai na My toe. Die regering is op die verkeerde pad en daarom word hierdie land gestraf. Ek weet onskuldige mense en diere lei nou deur die hitte.” “Baie christene dink hulle is gered, maar eendag gaan hulle agter kom hulle was nie gered nie. Hulle sit in kerke wat nie volgens My Woord wandel nie. Dit is nie meer lank nie My kind. Dan gaan Ek My opregte, ware kinders kom haal. Hou moed, hierdie is alles geboortepyne en dit moet gebeur, voordat Ek kom.”

~ Matteus 24:3-9 ~

Die profetiese rede: rampe en vervolging 3 Nadat Jesus op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom toe en vra: :Sê vir ons, wanneer sal hierdie dinge gebeur en wat sal dit teken van u koms en van die einde van hierdie wêreld wees?” 4 Jesus antwoord hulle: “Pas op dat niemand julle mislei nie. 5 Baie sal onder my Naam kom en sê: “Ek is die Christus, ‘ en hulle sal baie mense mislei. 6 Julle sal die rumoer van oorloë en gerugte van oorloë hoor. Pas op, moenie verskrik word nie. Dit moet kom, maar dit is nog nie die einde nie. 7 Die een nasie sal teen die ander te staan kom en die een koningkryk teen die ander; daar sal op baie plekke hongersnode en aardbewings wees. 8 Al hierdie dinge is geboortepyne, die begin van die nuwe tyd. 9 Die mense sal julle oorlewer om mishandel te word, en hulle sal julle doodmaak. Julle sal deur al die nasies gehaat word omdat julle my Naam bely.