Die maand Maart

MAART M: MOOI A: ASEMROWEND A: ASEM R: RUSTIG T: TEVREDE Jy lyk mooi vandag! Gewoonlik antwoord ons met baie dankie vir die kompliment ensovoorts. Maar wat beteken mooi eintlik?Mooi beskryf iets wat die oog vang byvoorbeeld soos ‘n pragtige roos boompie wat sterk staan teen alle elemente van die lewe en nog steeds blom waar dit geplant is met kleur en geur. Elke blaartjie op sy plek en word die tafel gedek met rose in ‘n vaas. Daar is nie woorde om ‘n asemrowende sonsondergang te beskryf nie. Jou oë bekyk die wonder van die natuurskoon met al sy prag. Die einde van ‘n dag het aangebreek en word afgesluit. Hoe wonderlik is dit om te kan asemhaal. Lewe is in ons geblaas by geboorte en ons besef nie altyd hoe wonderlik dit is dat die Here ons geskape het om hier op aarde sy verteenwoordiger te wees nie. Haal diep asem en vul jou longe met suurstof. Ervaar elke asem teug as ‘n geskenk van lewe! Wees rustig in jou gemoed al woed die lewe daar buite. Die Here weet wat ons nodig het. Bekommernisse binne in ons maak ons verward en deurmekaar, maar wanneer ons dit in die Here se hande plaas ervaar ons rustigheid. Wanneer jy alles probeer het en dinge… Lees verder“Die maand Maart”