Die maand Maart

MAART

M: MOOI

A: ASEMROWEND

A: ASEM

R: RUSTIG

T: TEVREDE

Jy lyk mooi vandag! Gewoonlik antwoord ons met baie dankie vir die kompliment ensovoorts. Maar wat beteken mooi eintlik?Mooi beskryf iets wat die oog vang byvoorbeeld soos ‘n pragtige roos boompie wat sterk staan teen alle elemente van die lewe en nog steeds blom waar dit geplant is met kleur en geur. Elke blaartjie op sy plek en word die tafel gedek met rose in ‘n vaas.

Daar is nie woorde om ‘n asemrowende sonsondergang te beskryf nie. Jou oë bekyk die wonder van die natuurskoon met al sy prag. Die einde van ‘n dag het aangebreek en word afgesluit.

Hoe wonderlik is dit om te kan asemhaal. Lewe is in ons geblaas by geboorte en ons besef nie altyd hoe wonderlik dit is dat die Here ons geskape het om hier op aarde sy verteenwoordiger te wees nie. Haal diep asem en vul jou longe met suurstof. Ervaar elke asem teug as ‘n geskenk van lewe!

Wees rustig in jou gemoed al woed die lewe daar buite. Die Here weet wat ons nodig het. Bekommernisse binne in ons maak ons verward en deurmekaar, maar wanneer ons dit in die Here se hande plaas ervaar ons rustigheid. Wanneer jy alles probeer het en dinge werk nie uit nie, wees rustig en besef dat by die voete van die Here sal jy rus vind.

Dit is nie aldag maklik om tevrede te wees met wat ons het nie. Die mens wil altyd meer in die lewe hê. Ons moet besef dat die Here aan ons gee wat ons toekom en deur tevrede te wees met wat jy het, kan jy besef hoe gelukkig jy is maak nie saak in watter omstandighede jy jou bevind nie. Tevredenheid geskied binne in ‘n mens met die diepe aanvaarding van wie jy is en dat die Here op die regte tyd sal voorsien wat Hy beloof het.

Here Jesus, dankie dat ons die mooi in die lewe kan raaksien. Dankie dat ons kan asemhaal en U wat ons geskape het, kan loof en prys. Here, laat daar rustigheid in ons harte kom lê en ons ‘n diep tevredenheid sal ervaar. Met die wete dat U is met ons waar ons gaan. Amen

Genesis 1:3 “En God het gesê: Laat daar lig wees! En daar was lig.”

1 thought on “Die maand Maart

  1. Leonie Eksteen sê:

    Dankie vir hierdie pragtige woorde van troos en bemoediging vir wat vir ons vir die maand Maart kan voorle, naamlik wat mooi is, asemrowend is, dat ons ASEM kan haal, dat ons hierdie rus – God se rus – kan ingaan en daardie stille tevredenheid ervaar hierdie 30 dae, ongeag die storms en donker om ons.

    Baie geluk met hierdie blad wat die Here jou laat skep het. Alle voorspoed vorentoe. God se guns en krag is met jou.

    Baie liefde en groete,

    Leonie

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui