2 Tessalonisenese 3:5 ~ Mag die Here julle gedagtes aanraak sodat julle heeltyd sal fokus op God se groot liefde. En mag julle ook verstaan wat Christus alles vir ons opgeoffer het sodat julle ook enduit agter Hom sal aanstap. (Die Boodskap)
Profetiese Boodskap:
My kind moet nie jou gedagtes vol maak met die wêreld se dinge nie.
Dit sal jou nooit al die vreugde, vrede en geluk gee wat Ek vir jou kan gee nie.
Ek sal jou gedagtes aanraak My kind,
sodat jou fokus op My sal bly.
Deurdat Ek My lewe vir jou afgelê het My kind,
het ek ‘n deur oop gemaak vir ‘n ontmoeting met jou My kind.
Klop en Ek sal vir jou oop maak My kind.
Hou aan om My te volg My kind,
al raak die pad hoe steiler en moeiliker.
Aan die einde sal jy saam met My wees My kind.
En omdat jy volhard het,
sal jy die Hemelse Prys behaal.
Om vir ewig in My Heilige Woning saam met My te woon.
© Anet Basson

