Blou lug helder in my gesig,
wolke sweef soos spookasem in die lug.
So gaan die tyd en lewe ook verby.
Wens die dag was langer,
om dit en volle te kan geniet.
Wat dit ook als mag bied.
Die son gaan binnekort sak en plek maak vir die nag.
Die maan verlig die hemelruim,
en orals verskyn daar klein sterretjies wat helder skyn.
Maar ons kan bly wees vir nog ‘n dag wat ons beleef het,
uit God se Goedheid en Krag.
© Anet Basson