Vandag wil ek graag ‘n onderwerp bespreek wat ons as mense nie altyd verstaan nie, maar wat bitter min mense regkry.
Ek verwys na ons woorde wat ons spreek oor onself of selfs spreek oor ander mense. As ons terug gaan na die Bybel, na Spreuke, wys die outer vir ons dat daar krag en mag in ons woorde is. Die woorde wat jy oor jouself of oor ander spreek, kan ‘n seën of ‘n vloek wees op jouself of die ander persoon.
As ons gaan kyk na wat die effek is van ‘n negatiewe woord, besef ons nie altyd dat die woorde deure kan oopmaak vir die duiwel en sy trawante nie. Ons spreek die woorde sonder om te dink of die gevolge in ag te neem. Kom ons noem ‘n voorbeeld. Kom ons sê, jy word verskriklik seer gemaak deur ‘n persoon. Die persoon stel jou dalk baie teleur. Jy ondervind teleurstelling, woede, depressie.
Sonder om te dink is dit maklike om te sê: “Ek wil nie meer lewe nie.” Op die stadium uiter jy hoe jy voel, want gevoelens werk sterk in ‘n mens. Wat jy nie in ag neem nie is dat die woorde nou ‘n deur vir satan en sy trawante oop maak. Jy gee hulle “legal hold” wat dan ‘n demoon van moord die reg gee om in te kom en jou onderdruk.
Liewe leser ek doen ‘n beroep op jou, wees versigtig met wat jy sê vir jouself en vir ander. Ons woorde het krag en kan baie skade doen aan ander en jouself. Kies lewer om niks te sê nie, en as jy kan en die situasie dit toelaat seën selfs so ‘n persoon.
Jesus was die perfekte voorbeeld vir ons. Hy het altyd sy woorde goed gekies en in liefde opgetree en gepraat.
Spreuke 18:21 ~ Dood en lewe is in die mag van die tong; en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet.
Spreuke 13:13 ~ Wie die Woord verag, moet dit ontgelde; maar hy wat die gebod vrees, ontvang vergelding.
Spreuke 21:23 ~ Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede.

Tku for this Word.idont believe we can overestimate the importance of our wordds because they can make the difference between life and death. We really fetermine to use the power of our words to speak life everywhere we go.
It is a pleasure Laetitia : )