Om vriendelik te wees kos niks. Jy kan dit vrylik uit deel, oral waar jy gaan. Wat help dit om deur die lewe te gaan, met ‘n frons op jou gesig? Ja, die lewe is moeilik en dit is nie aldag maklik om te kan glimlag of vriendelik te wees nie.
Daarom kies vandag om vriendelikheid uit te straal. Daar is dalk vandag iemand wat net jou vriendelikheid nodig het. Om haar of sy dag op te kikker. Die persoon is dalk baie depressief en negatief oor die lewe. En deurdat jy net vir die persoon glimlag of vriendelik die persoon groet. Besef die persoon dat daar wel nog mense is wat omgee.
Hy/sy se bui word verlig, en die persoon kan weer vriendelikheid oordra aan ander mense wat die persoon se pad gedurende die dag gaan kruis. Al het jy te doen met moeilike mense, wees vriendelik met hulle. Want dit is hoe Jesus opgetree, het toe Hy hier op aarde was. Vergewe mekaar, die lewe is te kort om ‘n wrok te hou. Lewe as ‘n ware kind van God, wat die Beeld van Christus hier uitdra oral waar jy gaan.
Efesiërs 4:32 ~ Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het. (1953/1933 vertaling)

Kolessense 4:6 ~ Wat julle sê, moet altyd vriendelik wees en van goeie smaak getuig; en julle moet weet hoe julle elkeen behoort te antwoord. (1983 vertaling)
