Voordat ek aan die slaap raak sien ek die volgende visioen: Golf, op golf kom al hoe nader aan my. Dan ewe skielik oorval die water my, en daar was ook ander mense saam met my. Ek het gedink ons gaan verdrink, maar ons het nog steeds asem gehaal. Toe sê die Here: “Dit is My lewende water. Drink My Woord. Jy sal vol word daarvan.”
Johannes 4:14 – maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. (1953/1933 vertaling)
Toe sê die Here vir my: “Ek is nog nie klaar met Suid-Afrika nie. Die water gaan oorspoel van een provinsie na die ander. As julle dink ISIS is net in Irak en Sirië, dit is nie so nie. ISIS is hier in die vorm dat My gelowiges vermoor en aangerand word. Die water gaan die land deurspoel en herlewing gaan plaasvind, soos nog nooit gesien nie. Al is dit nou baie donker. Ek sien, Ek sien hoe word My gelowiges behandel.”
“My gelowiges gaan gered word, en My koms is nie ver nie. Maar eers moet nog verlore siele in hierdie land Suid Afrika gered word.”
“Suid Afrika herlewing kom. Julle moet moed hou en glo, alles is nie verlore nie sê die Here. Ek het nie van julle vergeet nie, hier aan die suidpunt van Afrika nie sê die Here. Julle gaan helder skyn aan die punt van Afrika. En nie meer genoem word donker Afrika nie, want julle gaan verlig wees en My Heerlikheid gaan uitstraal.”
