Besing die Grootheid van die Here

Ek wil sing van U Grootheid Jesus Christus,

ek wil U Loof en Prys

Groot en Almagtig is U Vader.

 

U gebruik my as nietige mens,

om U werk hier op aarde uit te voer.

Dankie dat U kragtig in my werk.

 

Al verstaan ek nie altyd wat gebeur nie.

Lei U Heilige Gees my tree vir tree,

om U Wil uit te voer.

 

Dankie vir die oorwinning wat behaal is.

Dankie vir die diepe vrede wat ek nou ervaar.

 

Here U is my alles,

ek sal aanhou om die goeie werk vir U te doen.

Totdat U kom, om U kinders te kom haal.

1 thought on “Besing die Grootheid van die Here

  1. judith sê:

    Prys die Here!!

Laat 'n boodskap na judith Kanselleer die opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui