Jy is nie alleen nie

Al voel jy alleen en dat mense jou verwerp het, en jy voel jy kan nie meer aangaan nie. Weet dit dat die Here jou nooit sal verlaat nie.   Jy is Sy kind en met Sy bloed is die prys reeds betaal. Hy sal jou nooit verwerp nie en sal altyd Sy verlore skaap gaan soek.   Die Here sal jou krag gee om aan te gaan in hierdie lewe, saam met die Here is jy tot enige iets in staat.   Hebreërs 13:5 – “Ek (God) sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.” Fillipense 4:13 – “Jy is tot alles in staat deur My wat jou krag gee.”

Profesie: Herlewing in Suid-Afrika

Voordat ek aan die slaap raak sien ek die volgende visioen: Golf, op golf kom al hoe nader aan my. Dan ewe skielik oorval die water my, en daar was ook ander mense saam met my. Ek het gedink ons gaan verdrink, maar ons het nog steeds asem gehaal. Toe sê die Here: “Dit is My lewende water. Drink My Woord. Jy sal vol word daarvan.” Johannes 4:14 – maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe. (1953/1933 vertaling) Toe sê die Here vir my: “Ek is nog nie klaar met Suid-Afrika nie. Die water gaan oorspoel van een provinsie na die ander. As julle dink ISIS is net in Irak en Sirië, dit is nie so nie. ISIS is hier in die vorm dat My gelowiges vermoor en aangerand word. Die water gaan die land deurspoel en herlewing gaan plaasvind, soos nog nooit gesien nie. Al is dit nou baie donker. Ek sien, Ek sien hoe word My gelowiges behandel.” “My gelowiges gaan gered word,… Lees verder“Profesie: Herlewing in Suid-Afrika”