VOLHARD OP DIE PAD WAT JY STAP…

Die Here is met jou vandag.
Hy sal die pad vir jou gelyk maak.
Ja, daar is hobbels en klippe op die pad,
en jy gaan dalk jou voet met tye stamp.

Maar onthou die Here stap saam met jou,
en jy besef dan dat dit die regte pad is om te stap.
Die pad lei na die Ewigheid,
waar jy die Vrede en Heerlikheid van die Here sal ervaar.

Hou moed maak nie saak hoe moeilik dit is nie,
moet nie van die pad af wyk nie.
Die einde is in sig,
daarom hou moed en verbly jou in die Here.

Die Here sal voorsien.
Sy beloftes sal Hy tot vervulling bring.
Daarom volhard in hierdie moeilike omstandighede,
hou aan glo en vertrou.

~ Matteus 24:13-14 ~ 13 Maar wie tot die einde volhard, sal gered word. 14 En hierdie evangelie van die koningkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui