Bly wakker en hou aan bid

Lukas 22:46 ~ Hy se toe vir hulle: “Waarom slaap julle? Staan op en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie.”

In hierdie wêreld moet ons wakker wees, en nie aan die slaap gevang word nie. Ons moet ons gebedslewe lewendig hou, sodat ons bewaar word en nie deur die duiwel versoek te word nie.

Psalm 27:7 ~ Luister tog na my, Here, as ek roep; wees my genadig en verhoor my gebed.

Hou aan om uit te roep na die Here in gebed. Die Here luister na jou. Hy sal jou genadig wees en jou gebed verhoor. Dit sal dalk heeltemal anders wees, as wat jy gedink het dit gaan wees. Maar God antwoord vandag nogsteeds gebede.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui