VERLOS VAN VERSLAWING

Ek was vir omtrent 10 jaar verslaaf aan oor die toonbank poeiers genaamd, grandpa poeiers. Ek het die poeiers begin drink vir kopseer en ook om die lewe te kan hanteer. Partykeer was ek erg gestres en die poeiers het my verdoof. Ek het party dae tot 5 poeiers ‘n dag gedrink.

Ek kon nie sonder dit lewe nie. Ek sou sorg dat ek altyd genoeg by my het. Dit was die eerste ding wat ek in die oggend aan gedink het. Saam met die poeiers het newe effekte gekom: erger kopsere, seer keel, vlekke van fyn aartjies in my nek, my bloed was baie dun en ek het baie gebloei as ek bloed sou trek.

Maar dit het my min gepla. Ek het dit aanhou gebruik en dit het my gesus van die werklikheid. Maar aan die einde van 2012, het ek en my man in die aand ‘n Christelik fliek gekyk. Die fliek het begin met die volgende woorde: “Are you a fan? Or are you a follower?” Toe sê ek vir my man: hierdie klink na ‘n goeie fliek.

Die fliek se naam was “Not a fan”. Die Here het met my deur die fliek gewerk, en aan die einde van die fliek toe sê ek vir my man: ek moet die poeiers stop. My man het al die poeiers in die wasbak weg gespoel. Toe het ek geweet daar gaan onttrekkingsimptome wees, maar dat die Here saam met my is.

Die eerste paar dae was erg met baie erg kopseer. Maar ek het deurgedruk. Tot vandag toe is ek skoon van die verslawing. Ek het ook nie een keer terug geval op die poeiers nie.

Die Here het die fliek “Not a fan” op my pad gesit, en so is ek genees van my verslawing vir ewig.

Prys die Here, want Hy is Groot !!!

Die Here seën julle

4 thoughts on “VERLOS VAN VERSLAWING

  1. laetitia sê:

    Praise the Lord!! What an awesome testimony and glory to our Lord Jesus .

    1. Amen. Thank you Laetitia : )

  2. Annalien sê:

    Dankie dat jy dit met ons gedeel het. Ja, die Here is groot! Ek het die laasste tyd ervaar dat die Here sooo getrou is. N mens kan Hom vra vir die kleinste ding, en I n alles is HY getrou!! We serve an awesome God!

    1. Dit is ‘n plesier Juffrou Annelien. Amen

Laat 'n boodskap na laetitia Kanselleer die opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui