Ek het hierdie ontvang vanaf ‘n leser, ek deel dit graag.
Die Koning Kom
Ek is ‘n man van 74 (Joël 2:28) en ek droom onlangs ek stap op die Tempelberg in Jerusalem (ek was laas daar in 1973) en in die droom tel ek ‘n silwer muntstuk van die grond af op. Die muntstuk, byna soos ons ou sikspens, had agterop die woorde en syfer “0 value”. Dit het verstom want nog nooit in die geskiedenis van die wêreld het ‘n land ‘n munstuk gemunt met ‘n 0 waarde nie. Selfs ons ou kwartpennie, die oortjie, had ‘n waarde.
‘n Berig oor hierdie vreemde munt het in die Israelse koerante verskyn en vandaar het dit gou wêreldwyd versprei, in die hoop dat iemand ‘n verduideliking oor die vreemde munt het. Daar was geen verduideliking nie.
Muntversamelaars egter, het mekaar byna verdring met aanbiedinge om die vreemde munt met sy 0 waarde te bekom… eers in duisende toe tienduisende, toe miljoene. Die hoogste bod net voordat die droom geëindig het, was R3 biljoen rand. Maar, die waarde van die munt is veel groter as wat geld ooit kan koop.
Dit is ‘n EINDTYD WAARSKUWING… “Want die HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.” Amos 3:7 Die HERE het nog altyd die wêreld gewaarsku van toekomende veroordelings… so is Noag gewaarsku oor die komende vloed: “En God sê vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg.” Gen 6:13. Abraham en Lot is gewaarsku oor die uitdelg van Sodom en Gomorra (Gen 18:17; 19:14), Moses en die 10 plae van Egipte (Ex 7:1), Amos en die val van Sirië, Filistia, Tirus. Edom, Ammon, Moab, Juda en Israel (Amos 1 & 2)
In Esegiël sê die HERE: “Nou is die einde oor jou….” Eseg 7:3 en verder. Daar was n tyd toe Isreal, God se volk Hom geterg het, deur afgode te aanbid pleks van Hom. Hulle het dit wat geen lewe in gehad het nie bokant Hom gekies en dit aanbid. En die Bybel sê dat God toe Sy volk VERKOOP het. Hier sien mens dieselfde, regoor die wêreld vertrou mense op alles behalwe op God en het SILWER en GOUD hulle god geword. En die waarskuwing is: Die Einde is hier.
Waar hulle die silwer muntstuk met geen waarde, op die strate gooi, en hulle goud sal ‘n voorwerp van afsku wees; hul silwer en hul goud sal hulle nie kan red in die dag van die grimmigheid van die HERE nie; hul siel sal hulle daarmee nie versadig of hul ingewande daarmee vul nie, want dit was die struikelblok tot hulle ongeregtigheid. Eseg 7:19
Waarom wil so baie mense die silwer munt met 0 waarde bekom?
“En Ek sal dit in die hand van vreemdes oorgee as roof en aan die goddelose van die aarde as buit, dat hulle dit ontheilig. “Ook sal Ek my aangesig van hulle afwend, en hulle sal my skat ontheilig: inbrekers sal daar inkom en dit ontheilig.” Eseg 7:21-22
Die Here laat dit toe, dit wat hulle afgod was, word nou die put waarin hulle val.
Selfs die leiers van die mense en die lande is binnekort hulpeloos. Die HERE het gesê dat kort voor sy Koms sal dit gaan soos in die dae van Noag en Sodom en Gomorra en reeds gaan dit veel erger.
Daar is oorloë in 67 lande van die wêreld en 729 regerings en militante terroristegroepe neem daaraan deel.
Christene word op die mees afgryslikste maniere in 50 lande vermoor. Dit het begin met onthoofding, die jongste is om met tenks oor hulle te ry. Daar is meer as 29 miljoen slawe in die wêreld, die meeste van hulle vroue, jong meisies en kinders wat ontvoer en as seksslawe verkoop word. In Sirië op die grens van Israel is ontsettende lugaanvalle. Onder die aanvallers is Rusland, Iran (Persië), Saoedi Arabië, Turkye en ander.
Die droom in hierdie geskrif, speel af in Jerusalem, die middelpunt van die wêreld, die stad wat dien as barometer in Eindtyd profesieë.
Die silwer munt se waarde is 0. Ons leef in die Laaste Uur. Joh 2:18. Die laatreëns, ‘n magtige Herlewing, val reeds. Dis tyd om te Getal vol te maak. Bring die gerwe in.
Die Koning Kom! – Sjibbbolet Bediening

Strong Word!! The joy if the Lord will always b my strength