Joernaal: 31 Desember 2014

Die Here sê vir my: “Die tyd is amper hier, My kind. Nog net ’n paar ure. More oggend as jy opstaan is jy ’n nuwe mens. In jou liggaam sal jy dit voel. Genesing gaan begin.”

Toe dank ek die Here en praat in tale. Toe sê die Here: “Ek hoor, My kind. More sal jy verstaan vir die eerste keer sal dinge sin maak.  “Jou hele lewe gaan verander. Ek seën jou, My kind en Ek salf jou. Dit is ’n blye, blye dag. My gesalfde Ek het jou lief, My uitverkorene. Die skatte van die Hemel gaan binnekort ontsluit word. Dan sal jy dinge helderder verstaan. Maar vir nou, My kind rus in My vrede.”

Die Here seen julle

 

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui