Joernaal: 14 Januarie 2015

“Mense is so besig om te werk”, sê die Here, “hulle weet nie wat regtig gaan gebeur nie. Hulle is so besig met die wêreldse dinge. Ja mense moet werk. Maar mense vergeet van My”, sê die Here.

“Hulle werk, werk, werk net. Ken hulle My ooit?” sê die Here. “Die Trompetgeskal is om die draai. Mense moet wakker word!!! Dit is nie nou tyd om te slaap nie!”

1 Korintiërs 15 meld die trompetgeskal wat die koms van Jesus sal aankondig. Jesus met ons, en ons swak, verganklike liggame wat oombliklik verander na heerlik en onverganklik. Geen siekte, geen gebrek en geen swakheid meer nie.

C.S. Lewis vergelyk dit met die gevoel van verligting wat ons ervaar na ’n dag se harde werk, wanneer ons uitgeput en kwasterig in ’n stoel neersak en ons skoene uitskop en ons welbehaaglik uitstrek. Die swak liggaam word vervang met een van vreugde en verligting. Aan God al die Lof vir Ewig en Ewig. Amen

Later die aand so 6 uur terwyl ek kos opskep, hoor ek ’n Ramshoring blaas. Toe dink ek dit is die wegraping. Ek weet dit is ’n waarskuwing.

‘n Geseende dag vir julle

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui