Christelike Lewenswyse

Romeine 12:12
Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking;
volhard in gebed.

Hoop spel positiwiteit uit. Dit is om in blydskap en opgewondenheid steeds op die Here te vertrou maak nie saak wat in jou lewe gebeur nie. Hoop laat jou uitsien na die dag van môre, hoop skep verwagting dat goed in jou lewe sal gebeur tot voordeel van die Here en nie vir jouself nie.

Om met vaste vertroue te weet en te besef dat ons eendagasaam met Jesus in die Hemel sal wees. Om onwrikbaar steeds te glo en bly te wees in die hoop wat daar in Christus is. Dat Jesus gesterf het vir ons sondes, sodat ons eendag die ewige lewe kan beërwe. Watter groter daad van liefde het Jesus nie aan die mensdom bewys nie.

Wanneer verdrukking op jou pad kom, kan jy maklik struikel en val. Wanneer mense jou sleg behandel en jy weet nie meer hoe om aan te gaan nie. Staan vas teen die aanslae van die lewe. Dit is nie maklik nie, maar jy kan dit doen. Mense sal wil jou stilmaak vir die goeie nuus van die Here wat jy wil versprei, sodat mense sal besef waaroor die lewe regtig gaan. Jy sal teenkanting kry in sekere goed wat jy doen.

Maar vir die ware kinders van God sal verdrukking nog net ’n hekkie wees om oor te spring na die wenstreep toe. Al voel jy
so te neergedruk en platgeslaan. Die Here sal jou optel en die Heilige Gees sal jou lei en jou wys hoe om sterk te staan in die
lewe. Dit is wanneer verdrukking kom dat toetsing ook plaasvind.

Gaan jy swig onder druk om soos die breë samelewing te leef of gaan jy steeds aanhou om die smal paadjie te bewandel? Jy
gaan baie moed, krag en wil moet toepas om sterk te staan maar jy is nie alleen nie.

Die Vader hou jou styf was in Sy arms en die wete kan vrede in jou binneste bewerkstellig.

Vir party mense is dit moeilik om te bid. Hulle weet partykeer nie hoe of wat hulle moet sê nie. Soms voel jy te moedeloos om self eers te bid. Maar jy moet aanhou om te bid – dit maak nie saak hoe moeilik dit is nie. Jy kan selfs net ’n paar woorde bid, die Here sal verstaan wat jy probeer sê. Nog voor ons iets dink of sê weet die Here alreeds wat ons gaan sê en wat in ons harte is. Volhard dus in gebed. Gaan na jou binnekamer toe en praat met die Here. Jy hoef nie ’n sekere formule te volg nie, of
selfs ’n rympie op te sê nie.

Bid en praat oor dit wat swaar op jou hart lê. Soms voel dit vir mense hulle bid en die Here antwoord nie hulle gebede nie. Maar die Here weet wat is goed vir ons en wat is reg vir ons. As dit die Here se wil is sal Hy van jou gebede bewaarheid as dit Sy wil is. As die Here ook nie dadelik antwoord nie, kan dit wees dat die tyd nog nie reg is nie. Jy sal geduldig moet wag op ’n antwoord op jou gebed. Dit kan volharding beïnvloed. Sien gebed as ’n gesprek met die Here. Jy kan met die Here praat oor enige iets, enige tyd en plek waar jy jou ook albevind. Die Here wag om van jou te hoor.

Here, help ons om steeds hoopvol te bly in hierdie moeilike wêreld. Vader, wanneer verdrukking in ons lewens kom help ons
om staande te bly teen die aanslae. Laat U Heilige Gees ons lei om te volhard in gebed maak nie saak in watter omstandighede
ons in begeef nie. Amen

4 thoughts on “Christelike Lewenswyse

  1. Trudie van Vreden sê:

    Hallo Anet!

    SJOE!!!! as jy net kan weet wat hierdie vir my beteken. Dis bevestiging op bevestiging. Dankie vir jou gehoorsaamheid, jy maak so n groot verskil in soveel mense se lewens. Mag jy geseënd wees.

    Liefde groete
    Trudie van Vreden

    1. Dit is’n plesier Trudie. Dankie Trudie en mag jy ‘n geseende dag beleef. Groete Anet : )

  2. Judith van der Merwe sê:

    Baie dankie Anna vir die bemoedigende boodskap..Prys die Here! Mag die Here jou seen Koningskind♡♡♡

    1. Dit is’n plesier ma. ‘n Geseende dag vir ma : )

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui