Die Ou Jaar is amper verby,
ons staan op die drumpel van die Nuwe Jaar.
Reën val op die aarde neer,
dit is die Here se seën wat Hy so mildelik voorsien.
Alles word skoongewas met die lieflike reën,
was ook ons skoon O Heer.
Dat ons U skoongewaste bruid kan wees,
en ons U Almag en Grootheid eer.
Ons Dank en Loof u Heer,
dat U voorsien op U tyd.
Mag ons met ‘n dankbare hart,
die Nuwe Jaar aanpak.
Met die wete, U is in beheer en U regeer tot in Ewigheid.
Amen
