
Die oggend van 29 Maart 2019 het ek in ‘n visioen die volgende gesien.
Daar was ‘n sirkel wat roteer het om sy eie as en daar was ‘n baie helder lig wat geskyn het. Ewe skielik toe stop die beweging. Toe sien ek dat dit engele is. Die engele het in ‘n sirkel stil gaan staan en hulle het trompette langs hulle sye gehad.
Toe kyk hulle af en kyk na die aarde. Die aarde was vol donker kolle en rook, dit was nie mooi nie. Ek kon God se hartseer voel oor wat alles op die aarde gebeur. Die trane het oor my wange geloop.
Die engele het hulle trompette opgetel en dit nader na hulle monde gebring om dit te blaas. Ek het ‘n groot helder lig aan die eenkant gesien, en het dadelik geweet dit is God. Dit was of God ‘n aankondiging wou maak.
Jesus het langs God verby geloop en ook af gekyk na die aarde. Weereens kon ek die hartseer voel en het gehuil. Ewe skielik was dit of ‘n hand of arm van God, Jesus keer. Dat die tyd nog nie reg was nie.
Al wat ek kan sê, is dat die wegraping nie ver weg is. Die trompette was naby die engele se monde. Ek glo dat God dit uitstel, sodat meer mense gered kan word en dat baie mense seker kan maak hulle lewe is reg met God.
Die tyd raak min. As jou lewe nie reg is met God nie, vra God vir vergifnis en bekeer jouself van jou verkeerde weë. Dit is nou al wreed en erg op die aarde. As jy agter gaan bly na die wegraping gaan dit 10 maal erger wees. Dit is nou die tyd om die regte keuse te maak.
Is jy reg om Jesus Christus te ontmoet?

Awesome Anet! Ja, die tyd is voorwaar naby!