DIE GEBOORTEPYNE NEEM TOE IN HIERDIE LAASTE DAE

Ek het die volgende visioen gesien: Daar was baie aardbewings regoor die wêreld. Die aardbewings het in intensiteit al hoe erger geword. Ek het ook vulkaniese uitbarstings gesien. Daar was meer vulkaniese uitbarstings as voorheen. Ek het gesien hoe mense hardloop, om weg te kom van die lawa van die vulkane en hoe die lawa in die lug opgeskiet word. Dit was asof die aarde al hoe meer uitroep dat die einde naby is en alles is besig om te versnel. Markus 13:8  8 Want die een nasie sal teen die ander te staan kom en die een koninkryk teen die ander. Daar sal aarbewings op baie plekke voorkom. Daar sal hongersnode wees. Hierdie is geboortepyne, die begin van die nuwe tyd. (1983 vertaling) Op ‘n stadium het ek  myself op my knieë gesien, en ek het ook gesien hoe ander mense regoor die wereld ook op hulle knieë was. Toe hoor ek die Here sê: “A call to prayer”. Mense moet nou meer begin bid as wat hulle ooit voorheen gebid het.  Toe sien ek hoe mense orals regoor die wêreld ook op hulle knieë gaan. Mense moet nou meer bid as wat hulle ooit voorheen gebid het. Want… Lees verder“DIE GEBOORTEPYNE NEEM TOE IN HIERDIE LAASTE DAE”

Visioen: Siele word nogsteeds gered

Ek het ‘n dwarrelwind gesien, dit het baie gedraai en die kleur was wit en nie bruin soos dit gewoonlik is as dit ‘n normale dwarrelwind is nie. Ek het dadelik geweet dit het iets met die Here te doen. Ewe skielik het die hele Afrika kaart voor my verskyn. Die dwarrelwind het regdeur al die Afrika lande gegaan, en toe het die dwarrelwinde van Afrika af na al die ander wêreld lande toe beweeg. Ek het ‘n aardbol gesien met al die wêreld lande. Dit het selfs die kleinste plekke bereik soos eilande. Ek vra toe vir die Here: Wat is hierdie wit wat so rond draai en waai? Ek weet dit is iets van U af. Die volgende oomblik het daar sulke sirkels begin vorm. Ek het engele gesien wat in sirkels gestaan het. Hulle het af gebuig en opgekom en toe hou hulle, hulle hande in die lug. Hulle was vol blydskap en het die Here geloof en prys. Lukas 15:10 ~ “Ek se vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.” (1983 vertaling) Toe kom die woorde: Dit is oorwinning wat behaal word, siele wat nogsteeds… Lees verder“Visioen: Siele word nogsteeds gered”