Ek het die volgende visioen gesien:
Daar was baie aardbewings regoor die wêreld. Die aardbewings het in intensiteit al hoe erger geword. Ek het ook vulkaniese uitbarstings gesien. Daar was meer vulkaniese uitbarstings as voorheen. Ek het gesien hoe mense hardloop, om weg te kom van die lawa van die vulkane en hoe die lawa in die lug opgeskiet word. Dit was asof die aarde al hoe meer uitroep dat die einde naby is en alles is besig om te versnel.
Markus 13:8
8 Want die een nasie sal teen die ander te staan kom en die een koninkryk teen die ander. Daar sal aarbewings op baie plekke voorkom. Daar sal hongersnode wees. Hierdie is geboortepyne, die begin van die nuwe tyd. (1983 vertaling)
Op ‘n stadium het ek myself op my knieë gesien, en ek het ook gesien hoe ander mense regoor die wereld ook op hulle knieë was. Toe hoor ek die Here sê: “A call to prayer”. Mense moet nou meer begin bid as wat hulle ooit voorheen gebid het. Toe sien ek hoe mense orals regoor die wêreld ook op hulle knieë gaan.
Mense moet nou meer bid as wat hulle ooit voorheen gebid het. Want dinge gaan al hoe erger word, ons is besig om al hoe nader aan die einde toe te beweeg.
Ek het die Here gesien en die Here het gekyk na die aarde. Die Here het toe gesê: “Hou aan bid en bly volhard, vir die tyd wat gaan kom.”
Kolossense 4:2
2 Volhard in die gebed! Wees daarby waaksaam en dankbaar.” (1983 vertaling)
Romeine 12:12
12 Verbly julle in die hoop; staan vas in verdrukking; volhard in gebed. (1983 vertaling)
Mattheus 24:13
13 Maar wie tot die einde volhard, sal gered word (1983 vertaling)
Groete en seënwense in Christus
