Joernaal 17 Januarie 2015 – Waarskuwing: Die Oordeel van die Here

Gedurende die oggendure van die 17de Januarie 2015 droom ek die volgende:

Ek kon myself sien staan en dan was dit asof mense deur weerligstrale getref word. Dan val hulle plat op die grond. Ek was nie seker of hulle dood was of gelewe het nie. Ek het niks oorgekom nie.

Toe sê die Here: “My Septer word binnekort geslaan op die aarde. My oordeel gaan plaasvind binnekort, binnekort. Die Ramshoring blaas. Hoor jy dit, My kind? Dit is ’n waarskuwing.”

Die laaste wat ek kon onthou is dat die Here gesê het: “Die amandelboom bot, dit is die teken van My Oordeel.”

 

Openbaring 2:27

…en hy sal hulle regeer met ’n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het.

Openbaring 4:5

En daar het weerligte en donderslae en stemme uit die troon uitgegaan, en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand;

Openbaring 11:19

En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael.

Die weerligstrale en die gedreun van die donderslae wat vanaf die Troon van God gekom het, is simbole van God se heiligheid wat ons waarsku dat Hy Sy oordeel gaan voltrek. Die sewe vuurfakkels wat voor die Troon is, is die sewe Geeste van God. Dit is die benaming van die Heilige Gees in sy veelvuldige en omvattende werking.

Jeremia 1:11-12

11 Verder het die woord van die Here tot my gekom en gesê: Wat sien jy, Jeremia? En ek antwoord: Ek sien ’n amandeltak. 12 Toe sê die Here vir my: Jy het goed gesien, want Ek is wakker oor my woord om dit te volbring.

Die amandelboom is een van die eerste bome wat op die heuwels van Libanon en Israel blom. Die Hebreeuse naam beteken letterlik: “die ontwakende”.

Toe die Here Jeremia as profeet aangestel het, was die amandelboom gebruik om ’n belangrike feit uit te lig. In die begin van Jeremia se bediening het hy ’n loot van die amandelboom in ’n visioen gesien.

Openbaring 7:25

Van die dag af dat julle vaders uit Egipteland uitgetrek het tot vandag toe het Ek na julle al my knegte, die profete, gestuur, daagliks, vroeg en laat;

Net soos wat ’n amandelboom vroeg ’ontwaak’, het die Here Jesus in ‘n figuurlike sin “vroeg opgestaan” om sy profete uit te stuur om die volk te waarsku teen gevolge van ongehoorsaamheid. En Jeremia het nie gerus nie – hy het ’wakker gebly’ totdat die profetiese woord wat hy moes verkondig volbring was.

Die amandelboom herinner ons dat die Here Jesus ‘wakker bly’ ten opsigte van Sy Woord en dat Hy dit kan uitvoer. Ons kan dit ook doen deur soos Jeremia ‘wakker te bly’ .

Gedurende die dag lei die Heilige Gees my om die volgende te skryf:

 

‘Take heart there will be times of trouble in your life.’

But know that The Glory of God will shine bright in your life as bright as the sun that rises every morning.To proclaim that you are alive and you have a purpose in this world. 

Later die middag gaan bid ek en die Here sê vir my: “Dinge gaan nog besiger raak, My kind. Ek sal jou genoeg krag gee. Die tyd is naby dat jy presies sal weet wat om te doen. Ek gaan jou nog baie laat droom en vir jou goed wys, My kind. Jy is gehoorsaam daarom sal Ek dinge aan jou openbaar en My geheimenisse met jou deel.

“Ek kan jou vertrou, My kind. Jy is ’n bruikbare werktuig vir My. Begin rustig raak, My kind. Nog net ’n klein rukkie dan sal alles sin maak. Jy is soos ’n pêrel wat mooi bewaar moet word. “Ek is jou Leermeester. Jy kyk al klaar deur ander oë. ’n Nuwe wêreld het vir jou oop gegaan. Die oue is verby die nuwe is hier.

“Rus, My kind. Jy het sterkte nodig. Die werk lê vir jou en wag.Ek weet jy wil wegspring en begin. Maar jy moet eers bietjie rus. Kragte moet opgebou word. Ek het jou lief, My kind.

‘n Geseende dag vir julle

1 thought on “Joernaal 17 Januarie 2015 – Waarskuwing: Die Oordeel van die Here

  1. Laetitia sê:

    Amen and amen. The Lord is faithful, He will always confirm His Word !!!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui