Ek verbly my in die Here

Psalm 63:4-9 ~ 4 U troue liefde is meer werd as die lewe; 5 Ek sal U my lewe lank loof, my hande ophef om U Naam te prys. 6 Soos elke keer wanneer ek U goeie gawes geniet, sal ek U altyd roem met jubelende mond. 7 As ek aan U dink op my bed, oor U peins in die nag, dan weet ek: 8 U is vir my ‘n hulp, en dan juig ek oor die beskerming onder U vleuels. 9 Ek bly altyd naby U, u Hand ondersteun my.

Die Here is goed vir ons,

Hy sorg vir ons.

Ek wil U Loof en Prys Here,

U liefde omvou my van alle kante af.

Ek wil U Lof besing,

hande omhoog wil ek U Loof.

Ek wil aanhou praat van U goedheid,

wat U oor en oor aan my toevertrou.

U is my beskerming en toevlug,

wanneer ek om hulp roep.

Is U altyd daar,

gereed om my veilig te hou en my emosies te bedaar.

 

free-happy-woman-praising-freedom-beach-sunset-arms-up-young-adult-enjoying-breathing-freely-fresh-air-49157481

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui