SNEEU

Al het ek self nog nooit sneeu gesien nie,

laat dit my dink aan ‘n donskombers wat die berge bedek.

‘n Spierwit prentjie speel homself af op die berge en dale.

Wit beteken vir my skoonheid en reinheid.

 

Asof die Here Sy Hand wyd oop maak en die sneeu laat val het.

Om die vrede wat alle verstand te bowe gaan,

lewend vir ons te maak.

 

Sodat ons kan besef dat gister was die veld droog,

vandag is dit bedek met ‘n wonderwerk uit God se Hand.

Laat ons daarom besef dat die Here is Almagtig en Groot ,

en ons is nietig en klein voor Sy aangesig.

 

Daarom loof Hom,

vir die natuur se wonderwerk van sneeu.

Wat plesier en dankbaarheid in elkeen se hart ‘n spesiale plekkie vind.

94281348_706bafe1d7_z

© Anet Basson

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui