Hemelvaartsdag

Waarlik God se plan is volbring.

Jesus glimlag verlig.

Met ‘n sonkring skynend op Sy gelaat gooi Hy Sy arms in die lug.

Staande om Sy Vader te vereer.

Net maar ‘n oomblik tot hul weer ontmoet.

Meer kan ‘n kind nie begeer.

Met ‘n sagte blik op Sy gelaat, aanskou God se seun Sy vreugde.

‘n Pyn skiet deur God se hart, wetend dat Jesus oneindig pyn moes verduur.

Maar wetend dat Hy nou aan die regterhand van Hom gaan sit.

Dit is volbring.

Handelinge 1:9-11 ~ 9 Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en ‘n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie. 10 Terwyl Hy weggaan en hulle nog stip na die hemel kyk, het daar skielik twee mans in wit klere by hulle gestaan. 11 Die sê toe vir hulle: “Galileërs, waarom staan julle so na die hemel en kyk? Hierdie Jesus wat van julle na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.”

Lukas 24:50:51 ~ 50 Daarna het Hy hulle uit die stad uitgelei tot by Betanië. Daar het Hy Sy hande opgelê en hulle geseën. 51 Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem.

Johannes 14: 1-3 ~ 1 “Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. 2 In die huis van My Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie. 3 En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is.”

5671120955_5242d8628c_z

 

© Anet Basson

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui