Die opstel van grense as ‘n Christen

~ Manipulasie is ‘n vorm van toordery.
~ Manipulasie is nie uit God nie.
~ Mense skep ‘n probleem om aandag te kry.
~ Mense neem nie verantwoordeliheid vir hulle foute nie.

As jy skuldig voel omdat jy anders is as wat jou ouers of jou familie wil hê jy moet wees of voel, kan dit is ‘n teken wees van grens probleme. Dit beteken nie dat jy ‘n slegte dogter / seun ensovoorts is nie.

Jesus self het grense ingestel: Markus 3:35 ~ Elkeen wat die Wil van God doen, is my broer en my suster en my moeder. (1983 vertaling)

Mans en vroue behoort ‘n verhouding met hulle uitgebreide families te hê.

Maar hulle moet duidelike grense daar stel met hul gesinne van oorsprong. ‘n Voorbeeld is die volgende: Baie huwelike misluk omdat ‘n man/vrou in gebreke bly, om duidelike grense te stel met die gesin van oorsprong en die eggenoot en kinders kry dan die oorskiet aandag en tyd.

Wenke vir die opstel van grense met vriende en familie:

Alle kommunikasie moet gedoen word in Liefde, sodat die ander persoon die waarheid kan hoor en dit in neem sonder om sleg of verdedigend te voel. Wanneer ons, ons ouers eer erken ons hul vorige rol in ons lewens. Ons betuig dankbaarheid vir wat hulle vir ons gedoen het. Ons verduidelik dan ook hoekom ons nie kan toestem tot sekere dinge of besluite nie. Dit is nie wat ons sê, dit is hoe ons dit sê!

1 Korinthiërs 13:1 ~ Al sou ek die tale van mense en engele spreek, en ek het nie die liefde nie, dan het ek ‘n klinkende metaal of ‘n luidende simbaal geword. (1953/1933 vertaling)

1 Korinthiërs 13:13 ~ En nou bly geloof, hoop, liefde – hierdie drie; maar die grootste hiervan is die liefde. (1953/1933 vertaling)

Soms wanneer jy aandring op die handhawing van jou grense, sal mense probeer om daardie grense te vertrap om jou skuldig te laat voel.

Wanneer dit gebeur, moenie toelaat dat jou emosies oorneem nie. Dink net aan Jesus en maak net die besluite wat Jesus se Vrede vir jou sal gee.

As jy aanhou om jou grond staan, kan ander mense se gevoelens dalk seer gemaak word. Omdat hulle dit nie kon regkry om jou iets te laat doen, wat hulle gedoen wou hê nie. In daardie geval, onthou dat sommige mense kies om hulle gevoelens seer te word, en dit is okay.

Dit is nie wys om ander se selfgesentreerdheid te respekteer nie. Die rede hoekom hulle gevoelens seer gemaak word, is omdat hulle hul eie agenda’s gehad het in plaas van om jou grense te respekteer.

Genesis 2:24 ~ Daarom sal die man sy vader en moeder verlaat en sy vrou aankleef. En hulle sal een vlees wees. (1953/1933 vertaling)

Kolossense 3:23-24 ~ 23 En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, 24 omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus. (1953/1933 vertaling)

5 thoughts on “Die opstel van grense as ‘n Christen

  1. Tiana sê:

    oe dis ongelooflik dankie

    1. Anet sê:

      Dit is ‘n plesier Tiana : )

  2. Andries Knoetze sê:

    Dit sal gaaf wees om dagstukkies te ontvang as dit moontlik is Anet

    1. Anet sê:

      Ek is tans besig met beplanning en het daaraan gedink om dagstukkies ook in te sluit op die webtuiste. ‘n Geseende dag vir jou verder Andries. Groete Anet : )

    2. Anet sê:

      Ek het gedink daaraan om die dagstukkies te doen, en op hierdie stadium gaan ek dit nie sover doen nie.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui