Ek het stiltetyd gehou en die Here het die volgende openbaring vir my gegee:
“Soos die Augustus wind waai, so gaan die wind van verandering waai oor die land. Verandering gaan orals plaasvind ten goede My kind. Verandering gaan plaasvind in skole, besighede, woongebiede, oral oor die land.
Die verandering wat gaan kom, is My Gees van Vrede en Kalmte wat oor die hele land sal gaan. Die wat My ken sal nader aan My wees. Meer siele gaan gered word vir My, My kind. My Naam sal geeër word in plekke, wat voorheen nie My Naam wou noem nie.”
“Verandering gaan kom My kind. Mense gaan meer op hulle knieë gaan en My aangesig soek. “
