Die winter is hier.
Die snerpende koue wind waai.
Lae, op lae klere voel nie genoeg.
Die wind voel of dit deur my waai en draai.
Bibberend klou ek aan my koppie warm tee.
Hoop dit sal my ‘n bietjie warmte gee.
Die son skyn trietsig deur die winters wolke.

Die voëls probeer om die kolle waar die son skyn in te drink.
Hulle veertjies waai verwoed in die wind.
Maar nogtans hoor ek die voëlgesang.
Snoesig slaap ek vanaand.
Met kombers op kombers op my bed.
Rustig raak ek aan die slaap.
Om more met nuwe moed te ontwaak.
