Augustus wind

Waai Augustus wind waai,

om elke hoek en draai.

 

Die wind bring die wolke,

sodat die eerste druppels op die aarde kan neerplons.

Water gaan binnekort die grond begin insypel

en pragtige blomme en struike gaan voort gebring word.

 

Die rose gaan hulle koppe meer op lig as gewoonlik,

asof hulle ‘n buiging wil maak.

Om die tydperk van afwagting van die

welkome water wat hulle broodnodig het te vier.

 

Waai Augustus wind waai.

Na al die stof gaan die aarde weer skoon gewas word,

met God se Heerlikheid.

4 thoughts on “Augustus wind

  1. Maria sê:

    Baie dankie Anet dankie vir die wonderlike boodskap van Ons Here .liefde Maria

    1. Dit is ‘n plesier Maria : )

  2. tiana sê:

    wow dankie Anet dis ongelooflik mooi. Die wind waai baie erg by ons heen en weer buig die bome en so kom dan die reens en n nuwe seisoen

    1. Dit is ‘n plesier Tiana : )

Laat 'n boodskap na Maria Kanselleer die opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui