Toe ek klaar in die aand gebid het terwyl ek by die lessenaar gesit het, sien ek die volgende visioen. Ek het die Here gevra of Israel ‘n ander land gaan aanval of wat gaan gebeur?
Ek sien hoe troepe, Israel se weermag vanaf die grens van die land met ander groepe baklei. Hulle hardloop en skiet. Dit lyk of Israel oor die grens beweeg (oor sy eie landsgrense) om te baklei.
Israel se magte word dan terug gedryf en Israel word dan aangeval. Dit het gelyk of Israel ‘n land aanval, die troepe het regs beweeg. Ek het op die wêreldkaart gaan kyk en Sirië en Irak lê die naaste aan Israel.
Bid asseblief vir die vrede en beskerming van Israel.
Shalom

Amen, ons bid!
Ek bid vir Israel, vir vrede!
Amen!